NewsNews

Vliegongeluk eis bekende sakeman

MEYERTON. -‘n Donker wolk hang oor die gemeenskap van Meyerton na die skielike dood van mnr. Tobie Esterhuizen, eienaar van Tegmul Engineering, na hy Saterdagoggend in ‘n vliegongeluk dood is.

Die wrak van die vliegtuig.

‘n Boer in die Suikerbosrand-gebied het aan noodpersoneel gesê hy het omstreeks 08:00 die vliegtuig gehoor en toe raak die enjin skielik stil. Kort daarna het hy ‘n geweldige slag gehoor.

Midvaal Brandweer en noodpersoneel van ER24 is na die toneel ontbied en het op die vliegtuigwrak afgekom.

 

 

Wyle mnr. Tobie Esterhuizen.

Related Articles

Back to top button