NewsNews

Plaasaanvalle buite beheer

Die VF Plus het sy skok en afgryse uitgespreek oor die mees onlangse plaasaanval wat Sondagaand, 5 Maart 2017 op ʼn plaas buite Warden plaasgevind het.

Die VF Plus het sy skok en afgryse uitgespreek oor die mees onlangse plaasaanval wat Sondagaand, 5 Maart 2017 op ʼn plaas buite Warden plaasgevind het.

 

Jan van Niekerk, leier van die VF Plus in die Vrystaat en ook ʼn boer in die omgewing, het gesê dat drie aanvallers mnr. CT Steyn Sondagaand in sy huis aangeval en met ʼn mes in die bors gesteek het.  Steyn kon eers ongeveer middernag daarin slaag om hulp te ontbied. 

 

Hy is ernstig beseer, maar is tans in ʼn bestendige toestand in die hospitaal.  Die aanvallers het geld en vuurwapens geëis en het met Steyn se selfoon en bakkie op die vlug geslaan.

 

Van Niekerk het gesê dat hierdie geweldige en toenemende krisis voor die ANC-regering se deur gelê moet word.  In die parlement word debatte oor grondonteiening toegelaat, maar ʼn debat oor plaasaanvalle word geweier. 

 

Opruiende uitsprake en aanhitsing tot geweld deur politici en op sosiale media word ook toegelaat.  Die VF Plus meen dat die regering se landelike beveiligingsplan faal en die ontoereikende polisiëring en misdaadvoorkoming direk verantwoordelik is vir die toename in plaasaanvalle.

 

Aangesien die regering geen erns met die saak maak nie, sal boere op hulself aangewese wees om hulself, hul gesinne, hul eiendom en mekaar te beskerm. Hoeveel gesinne moet nog vernietig word, hoeveel lewens en werke moet nog verlore gaan voor die regering wakker skrik en besef dat ons boere uitgemoor en ons voedselsekerheid bedreig word? 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button