NewsNews

Ons land se damme word by die minuut voller…

Kyk hoe naby is die Gariepdam aan vol!

Kyk hoe naby is die Gariepdam aan vol!

Die Gariepdam se watervlak vanoggend (4-3-2017) – amper vol!

Retha Fitchat

Eduan Joubert het Saterdag 4 Maart  dié foto van die Gariepdam op Reënval SA se Facebook geplaas om te wys hoe naby die dam van vol af is. Nog net ‘n klein rukkie dan loop hy oor! Vir almal van ons in die Vaaldriehoek wat so lief is vir ons eie Vaaldam sal dit beslis lekker wees om te sien.

Die Gariepdam, wat tussen Bloemfontein en Colesberg is, was vroeër bekend as die Hendrik Verwoerddam. Dit is die grootste dam in Suid-Afrika met ‘n oppervlak van meer as 374 vierkante kilometer wanneer vol. Die bakmaat word op 5 340 600 miljoen m3 geskat. Die dam vorm die beginpunt van die Oranjerivierprojek wat die verspreiding van water na die Groot-Visrivier en Sondagsrivier behels.

 

Volgens Wikipedia is Gariep ‘n San/Nama woord wat Groot water/Groot rivier beteken. Die Oranjerivier word ook na verwys as die Gij Gariep en daarom Gariepdam.

Die damwal is ongeveer 88 meter hoog en 914 meter lank. Die damwal is van beton gebou en bevat ongeveer 1,73 miljoen m³ daarvan. Die damwal se ontwerp is ‘n kombinasie van ‘n gravitasie- en boogdam. Die dam het ses kruinsluise, drie aan elke kant. By die damwal word hidroëlektrisiteit opgewek deur vier generators, elk met ‘n vermoë van 90 MW. Water wat deur die generators gebruik word, vloei verder af in die Oranjerivier na die Vanderkloofdam..
Riviere en spruite wat die dam voed:
Oranjerivier
Caledonrivier
Brakspruit
Broekspruit
Oudagspruit
Palmietspruit
Slykspruit

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button