NewsNews

Drie verdrink tydens groepsgebed in Vaalrivier

Drie mense, waarvan een die pastoor van ‘n gemeente, het Saterdag 25 Februarie by ‘n oord sowat 18 kilometer vanaf Potchefstroom in die Vaalrivier verdrink.

Drie mense, waarvan een die pastoor van ‘n gemeente, het Saterdag 25 Februarie by ‘n oord sowat 18 kilometer vanaf Potchefstroom in die Vaalrivier verdrink.
Dit het tydens ’n groepsgebed van ’n kerkgroep by ’n oord naby Skandinawiëdrift gebeur.
Volgens die eienaar van die oord het die kerkgroep die rivier gebruik om hul lede in te doop en te bid.
Hy sê die groep het glo hand-aan-hand in ’n sirkel gestaan en bid toe vyf mense losgebreek het van die kring en deur die stroom meegesleur is.
Twee van hulle kon veilig aan wal kom, maar die ander drie kon nie gered word nie en het verdrink.
Die Venterskroon-polisie en nooddienste was op die toneel en kon teen Sondag twee van die liggame uit die rivier haal, waarvan een die pastoor is.
Polisieduikers kon steeds nie die derde persoon se liggaam opspoor nie en het Woensdagoggend weer met die soektog voortgegaan. Die eienaar van die oord sê die rivier was nie so sterk nie, maar was wel vol en het vinnig gevloei. Hy sê met van die Vaaldam se sluise wat oopgemaak is, hy bevrees is dat dit nog moeiliker gaan wees om die liggaam te vind.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button