NewsNews

Uit my dagboek: Pappa se kind: ’n Seun kort ‘n hond

Elke kind het ’n hond in sy lewe nodig. Meer spesifiek elke seuntjie het ’n hond in sy lewe nodig.

Aiden en Harley

Elke kind het ’n hond in sy lewe nodig. Meer spesifiek elke seuntjie het ’n hond in sy lewe nodig.
Aiden en Harley is boesemvriende, hulle deel meeste van Aiden se kos en soms wil Aiden in Harley se kos deel. Hulle speel saam bal, Harley het onlangs tot vir Aiden begin luister as hy hom roep. Die hond volg vir Aiden oral. Wanneer Aiden bad, gaan sit hy langs die bad om natgespat te word.

Drukkies word gereeld uitgedeel en sodra ons buite kom, dan moet Harley uit sodat daar gespeel kan word.
Elke hond wat gesien word, word Harley gedoop, selfs groot boerboelhonde wat glad nie soos hy lyk nie. Bal gooi is op die oomblik die gunsteling speletjie tussen die twee. Aiden gooi die bal, dan hardloop Harley om die bal te gaan haal.

Tog gee Aiden die arme hond nie kans om die bal terug te bring nie, want sodra dit sy hand verlaat is dit ’n resies tussen die twee om te sien wie kan eerste by die bal uitkom. Harley wen nog elke keer.

Tog hardloop hy nie weg met die bal nie, hy laat val die ding net weer by Aiden se voete om die proses van voor af te begin. Mhatma Gandhi het gesê die grootheid van ‘n nasie kan geoordeel word deur die manier waarop sy diere behandel word.
Tog kan mense leer om diere goed te behandel as jy nie iewers in jou lewe ’n band met ’n dier gebou het nie. Daar is baie katmense, selfs vis- of voëlmense, maar in my beskeie mening is daar nie ’n dier waarmee so ‘n hegte band gebou kan word soos met ’n hond nie. Ek en my vrou gesels oor die naweek oor die band wat tussen Aiden en Harley bestaan. So praat ons toe daaroor dat Harley ook eendag “plaas toe” moet gaan. Hoewel ek nie daaraan wil dink nie, is dit nog ’n les wat jou kind oor die lewe leer en dit te danke aan die lewe van ’n hond.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button