NewsNews

Presteer jou kind dalk swak op skool weens swak oë?

Let op vir dié tekens wat kan dui op swak sig by jou kinders

Oogkundige Conrad van Heyningen van Vanderbijlpark.

Oogkundige Conrad van Heyningen van Vanderbijlpark antwoord die mees algemene vrae wat ouers vra oor hul kinders se oë:

Hoe gaan ek weet as my kind se oë swak is?
80% van wat n kind by die skool of huis leer word visueel oorgedra. Vir n kind om die vermoe te he om te leer en normaal te funksioneer is die volgende basiese elemente wat te doen het met hul oe in plek wees:
• Naby en ver visie moet duidelik gefokus wees.
• Binokulere visie waar die twee oe moet saamwerk is baie belangrik vir goeie hand-oog koordinasie.
• Die oe moet maklik in al die rigtings van kyk kan beweeg sonder dat n oog skeel trek of dubbel gesien word.
• Daar moet ook periferale bewustheid wees.

Indien daar n visuele probleem is wat nie behandel word nie, kan dit lei tot ontwikkelings en leer probleme in daardie kind.
Daar is verskeie tekens en simtome waarna n ouer moet oplet, wat kan dui op visuele probleme in hul kinders en sodoende die noodsaaklikheid vir n volledige oog ondersoek.
• As die kind op n gereelde basis baie naby aan die tv sit of n boek baie naby gehou word. Die voorbeeld kan dui op bysiendheid.
• As die oe skrefies getrek, of die kop gekantel word om beter te sien is n algemene teken van n visuele probleem.
• As die oe baie gevryf word terwyl hy of sy besig is om te konsentreer op werk.
• Wanneer plek verloor word, terwyl daar gelees word of n vinger gebruik word om die oe te lei.
• As die kind baie ligsensitief is, oe wat baie traan en hoofpyne is n goeie teken dat hul n oog ondersoek moet ondergaan.
• As een oog toe gemaak word terwyl daar tv gekyk of gelees word kan dui op n binokulere probleem waar die oe nie mooi saamwerk as n eenheid nie. Dit kan moeilik wees vir die oe om in te draai as daar naby gewerk word.
• Indien die kind ondergemiddeld presteer of agter raak in die klas kan ook die gevolg wees van n visuele probleem.
• Wanneer kinders sekere take vermy soos lees of op rekenaar werk want hul oe raak seer, moet dit ook nie geignoreer word nie.
• Kinders wat prematuur gebore was dra ook groter risko vir visuele probleme.

Hoe oud moet ‘n kind wees voordat hul oë getoets kan word?
Kinders moet op 6 maande hul eerste oog ondersoek ondergaan, gewoonlik deur n oog spesialis. Die rede hiervoor is dat hul oe eers volkome ontwikkel is op die ouderdom. Die volgende ondersoeke op 3 jarige ouderdom en dan weer Graad R kan deur n Oogkundige gedoen word. Daarna gereelde 2 jaarlikse ondersoeke. Indien daar enige oog probleme opgetel word in vorige ondersoeke, sal die kind op n 6 maandelikse of jaarlikse basis opgevolg word. Dit hang af van die probleem. Hoe vroeer n probleem geidentifiseer word hoe beter die uitkoms.
Maak ‘n bril mens se oë lui?
n Kind se sukses op skool hang af van sy visuele stabiliteit. N Bril kan nie die oe lui maak nie, inteendeel die teenoorgestelde is waar. Die retina in die oog is n netwerk van miljoene senuwee punte wat indien dit nie 100% gestimuleer word deur n duidelike gefokusde beeld nie, aanleiding gee tot visuele probleme en lui oe. So ook n skeel oog wat nie behandel word nie raak lui. Dit is hoekom dit so krities is dat kinders so gou as moontlik behandeling kry terwyl hul nog jonk is. Hoe ouer hul raak hoe moeiliker is dit om nie oe te behandel en te oefen, as daar wel n binokulere probleem is.
Mag jong kinders kontaklense dra, bv as hulle aan sport wil deelneem?
Kinders mag kontak lense gebruik solank hul die moet’s en moenies verstaan. Daar is sekere toetse wat eers gedoen moet word om seker te maak hul is geskik daarvoor. Nie almal kan dit dra nie! Hul moet ook behoorlike instruksie gegee word, oor die hantering en sorg wat die kontak lense asook hul oe vereis. Die kind se volwassenheid om die lense op n verantwoordelike wyse te hanteer, is meer belangrik as die ouderdom alleen. Dus kan die ouderdom van kinders wat kontak lense wil gebruik baie wissel.
Hoe kan mens jou kind help om hul oë goed op te pas?
• Die beste manier om die oe op te pas is om gereelde oog ondersoeke te ondergaan deur Oogkundige.
• Kinders moenie hul oe te veel vryf nie.
• Hul oe moet beskerm word teen die skadelike ultra violet lig wat deur die son uitgestraal word, deur hoede of sonbrille te dra en nooit direk in die son te kyk nie.
• Familie geskiedenis van visuele probleme moet in gedagte gehou word.
• Gesonde dieet en leefstyl met genoeg oefening is baie belangrik.
• Die oe genoeg gerus word tydens lang periodes van naby werk.
• Ouers moet ook bewus wees van n lui of skeel oog. Dit moet so gou as moontlik na gekyk en behandel word.

Indien die kind nog steeds onder presteer op skool nadat die visuele probleme aangespreek is moet n mens begin kyk of daar nie n leer probleem is nie.
Disleksie is n goeie voorbeeld hiervan. Disleksie is waar daar n probleem is met die verwerking van informasie wat die kind sien as hy of sy lees. Die kind sukkel om die klank van n letter en dit wat gesien word bymekaar te bring om n woord te vorm. Die kinders sukkel ook gewoonlik om netjies te skryf, goed te praat en woorde uit te spreek, spelling en wiskunde. Ook waar sekere letters omgeruil word soos n ‘b’ vir n ‘d’. Indien dit nie behandel word nie kan dit lei tot emosionele probleme in daardie kind.
Gelukkig is daar instansies wat kan toets vir Disleksie asook uitstekende studie hulp middels wat kan help met die probleem, sodat die kind normaal kan funksioneer. Vir verdere inligting op Disleksie en Studie hulp middels besoek gerus www.disleksie.co.za en www.mystudybuddy.co.za.
Vir volkome gemoedsrus oor die welstand van u kinders se oe en om visuele probleme uit die weg te ruim, besoek n Oogkundige so gou as moontlik.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button