NewsNews

Gidsopleiding: Historiese gebeurtenis vir Koepel-toerisme

Toergidse wat hul opleiding vir die Vredefort Koepel suksesvol geslaag het, kon verlede Woensdag hul gidsbalkies en sertifikate ontvang. Die opleiding is moontlik gemaak danksy Cathseta (Culture, Arts, Tourism, Hospitality & Sport Sector Education & Training Authority), Rotary en die North West Tourism Board.

Toergidse wat hul opleiding vir die Vredefort Koepel suksesvol geslaag het, kon verlede Woensdag hul gidsbalkies en sertifikate ontvang. Die opleiding is moontlik gemaak danksy Cathseta (Culture, Arts, Tourism, Hospitality & Sport Sector Education & Training Authority), Rotary en die North West Tourism Board.
Al die gidse wat opgelei is het reeds vantevore sonder opleiding in die bedryf gewerk, maar is danksy die opleiding nou professioneel opgelei met erkenning van hul vorige ervaring in die bedryfsveld. Hul opleiding het ’n  maand se teoretiese opleiding en ’n  verdere maand se praktiese opleiding ingesluit. Deel hiervan was ook ’n  vlak 3 noodhulpkursus om basiese noodhulp in ongerepte gebiede te kan verleen. Hiermee is hulle nou gekwalifiseer as Adventure Site Guides vir die Vredefort Koepel.
Die opleiding vir die 30 gidse wat almal geslaag het, het nagenoeg R400 000 gekos en is sowat ’n  jaar en ’n  half gelede voltooi. Die balkies is egter nou eers ontvang.
Hoewel van die opgeleide gidse intussen elders in die bedryf werk aanvaar het, beteken dit steeds dat die toerisme-industrie in die breë ook by die inisiatief gebaat het. Die doel is juis nie om nuwe mense op te lei nie, maar mense wat reeds in die bedryf is maar nie die korrekte kwalifikasies het nie.
Die geleentheid is as ’n  historiese gebeurtenis vir die Dome Guides Association (DGA) bestempel. Boonop word die DGA nie net in die Vrystaat en Noordwes provinsies nie, maar ook nasionaal as opleidingsinstansie erken.
In sy boodskap het mnr. Jeff Mabunda van die Noordwes Toerisme Raad gesê dat hy baie in sy skik is met die sukses van die projek en het hy ook toekomstige finansiële steun van Noordwes Toerisme beloof.
Operateurs wat by die opleiding sal baat is Earth Adventurers, Real Adventures, White Water Training, Dome Tours, Taylor Made Tours, Samuel Seleke Tours, River Man en Koepel Adventures.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button