NewsNews

Groot skade vir barmhartige Samaritaan

Skade van tussen R40 000 en R60 000 is aan ‘n barmhartige Samaritaan se voertuig aangerig toe hy sowat drie weke gelede ‘n goeie daad wou doen.

Skade van tussen R40 000 en R60 000 is aan ‘n barmhartige Samaritaan se voertuig aangerig toe hy sowat drie weke gelede ‘n goeie daad wou doen.
Die Herald het in die uitgawe van 2 Februarie berig oor ’n trok wat op die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp agter in ’n voertuig vasgery het. Die man en vrou wat in die voertuig was, is in ’n kritieke toestand hospitaal toe geneem. Dit het aan die lig gekom dat daar egter meer aan die storie is as net die ongeluk.

Lees ook: Twee kritiek na ongeluk op N12
Meshack Mpato (47) wat as boekbinder by die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit se biblioteek werk, was besig om die voertuig te sleep ten tyde van die ongeluk. Hy het nie gedink dat sy goeie daad vir hom soveel skade tot gevolg sal hê nie.
Volgens Mpato was hy op pad terug Potchefstroom toe, toe hy die man en vrou langs die pad sien staan.
“Ek probeer altyd help waar ek kan, ek het sleg gevoel om die mense langs die pad te los,” vertel hy.
Hy het gestop om sy hulp aan te bied, hoewel hy nie kon help om die voertuig aan die gang te kry nie. Die man het vir hom gevra of hy sy voertuig tot in die dorp sal sleep.

Lees ook: Drie dood na trok rol
“Dit is eintlik uit my pad, want ek sou hom moes dorp toe sleep en dan terugry Ikageng toe waar ek woon,” vertel hy.
Volgens Mpato het hy nie ver gery nie, toe hy ‘n groot slag hoor. Sy voertuig het vorentoe geruk en van die pad geloop waarna dit byna deur ‘n heining is. Dit was glo ’n erge stryd om net die voertuig regop te hou.
“Ek het teruggekyk om te sien wat gebeur het, toe ek die voertuig onder die trok sien. Ek weet nie waar die trok vandaan gekom het nie. Ek het gekyk voor ons in die pad ingegaan het, maar ek het niks gesien nie. Ek het ook baie stadig gery, seker so 40 km/h” vertel hy.
Die man en vrou was in die voertuig vasgevang.


Die vrou is later per helikopter na ’n hospitaal in Randfontein gevlieg, terwyl die man na Potchefstroom Hospitaal geneem is.
“Ek het nooit gedink dit sal gebeur nie, ek het baie groot geskrik, dit was die eerste ongeluk waarin ek betrokke was. Ek dink steeds aan hulle. Ek het probeer om met die man kontak te maak, maar hy antwoord nie sy selfoon nie. Ek weet dus nie hoe dit met hulle gaan nie,” sê hy.
Mpato is gelukkig tydens die ongeluk nie beseer nie, maar sy goeie daad gaan hom nou ‘n aansienlike bedrag kos om sy voertuig te herstel.
“Ek het nie versekering nie, gelukkig kan die voertuig nog ry, maar dit is erg beskadig,” verduidelik hy.


Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button