NewsNews

Boere wys met redding omgee ongeag van ras

Die voorval op 21 Februarie toe boere van die Weiveld-distrik, die polisie en nooddienswerkers onder lewensgevaar 23 skoolkinders en 3 volwassenes van die Weiveld Landbou en Hotelskool van ʼn moontlike waterdood uit ʼn bus gered het, wys dat Suid-Afrikaners oor die kleurgrens heen nog vir mekaar omgee nieteenstaande verdelende uitsprake van sommige politici, sê adv. Anton Alberts, voorsitter van die VF Plus.

In die voorval, waar vloedwater die bus in ‘n spruit teen die kant van ‘n laagwaterbrug vasgedruk het, het boere van die omgewing uit eie inisiatief na die toneel gehaas en ure lank  gespook om die kinders met ʼn trekker na veiligheid te bring. Die kinders is een-een deur a.o. Jan le Roux van die Parys-polisiestasie uit die bus na die trekker gedra waar hulle vyf-vyf na veiligheid geneem is. Neels Steyn en sy buurman, Geo Olivier wat naby die spruit op die Greenlandspad boer, het op die noodroep van nog ‘n boer, Francois Loggenberg gereageer.

Adv. Alberts sê ʼn voorval soos hierdie dien as bewys dat daar nog groot welwillendheid onder Suid-Afrika se mense van alle rasse bestaan.

“Die boere het nie gevra wat die kleur van die kinders is nie. Hulle het bloot ingespring en gehelp. Selfs al was van hulle se eie lewe in gevaar.”

“So ʼn voorval belig ook opnuut die skokkende onvanpastheid van sekere politici se verdelende uitsprake. Dit dui daarop dat hulle bereid is om groot rassewrywing te veroorsaak bloot om goedkoop politieke punte vir eie gewin aan te teken,” sê adv. Alberts.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button