NewsNews

Deurbraak in gronddiefstal by begraafplaas toe alles verniet

Die maandelange skelmstuk waarmee gronddiewe onwettig soggens en saans vragte vol grond teenaan die rivier in die ou begraafplaas wegry, kon dalk ’n einde gekry het as die Ngwathe munisipaliteit se amptenare bereid was om ’n verklaring af te lê. Maar met niemand van die munisipaliteit wat volgens die polisie opgedaag het vir die verklaring nie, is die vermeende gronddiewe toe maar laat gaan. Dit nadat daar verlede week ’n deurbraak was met drie mense wat vir die diefstal in hegtenis geneem is.

Die vermoede oor die gronddiefstal bestaan al lank en die spore en gate net so lank. Verskeie lede van die publiek het al gekla en selfs die burgemeester het met ’n  vorige besoek aan die begraafplaas toe enorme rioolbesoedeling hier gerapporteer is, vrae gevra oor die vrag grond wat op ’n bakkie by die begraafplaas opgemerk is. Die grond word teen ’n  belaglike prys verkoop.
Selfs ’n  bord wat waarsku dat oortreders vervolg sal word, het geen effek gehad nie.
Tot verlede week toe daar met die hulp van die munisipale bestuurder wat deur rdl. Saal de Jager hiervan in kennis gestel is, die arrestasie deur die polisie, We Care en Parys Sekuriteit gemaak kon word. Dit nou alles verniet

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button