NewsNews

Departement moet nou onderwysers betaal

Die saak van tydelike onderwysers in die Noordwes wat nie betaal is nie, is op 21 Februarie) in die Arbeidshof gefinaliseer.

Soveel as 21 onderwysers van Potchefstroomse skole is nog nie betaal nadat hulle vanaf 1 Januarie vanjaar hul dienste begin het nie.

Die onderwysers is by onder meer Baillie Park Laerskool, Die Wilge, Ferdinand Postma, Potchefstroom Central, Potchefstroom Primary, Laerskool President Pretorius en Ventersdorp Gekombineerd.

Die Noordwes Departement van Onderwys het in ʼn skrywe beloof om voor of op 7 Februarie die onderwysers se uitstaande salarisse te betaal. Dié belofte is nie nagekom nie, daarom het die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie (SAOU) besluit om die saak na die Arbeidshof te verwys.

Dié opvoeders was nie by die PERSAL salaris-lopie ingesluit nie, wat veroorsaak het dat GEMS (die mediese fonds) hulle nie as werknemers beskou nie.  Hulle is ook nie met ʼn aanstellingsbrief, wat as bewys sou gebruik kon word, voorsien nie. Volgens Rose-Anne Lyon, woordvoerder van SAOU, is die onderwysers ook nie met ʼn aanstellingsbrief, wat as bewys sou gebruik kon word, voorsien nie.
“Ongeveer 5 000 tydelike opvoeders is jaarliks in die Noord-Wes aangestel en kan herhaaldelik hierdeur geraak word as dié saak nie spoedig opgelos word nie,” het sy gesê.

Sello Lehari, LUR vir Onderwys in die Noordwes

 

Die dringende aansoek van die SAOU is toegestaan teen die LUR vir Onderwys in die Noord-Wes Provinsie, sowel as die Departementshoof.

Die bevinding is dat hulle nie hul verantwoordelikhede teenoor die onderwys en opvoeders ernstig opneem nie. Daarom is hulle gestraf om die SAOU se regskostes te betaal en verder dat die geaffekteerde opvoeders binne 72 uur vanaf die uitspraak op 21 Februarie, betaal moet word.

 

Teen druktyd het die Gazette geen terugvoer van die Departement ontvang nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button