NewsNews
Grootskaalse redding om kinders uit bus te kry
Drie en twintig kinders en 3 volwassenes is pas veilig uitgehelp na n grootskaalse reddingsoperasie wat sedert vanmiddag op die Greenlandspad uitgevoer is. Dit volg nadat n bus van die Weiveld Landbou en Hotelskool deur water van n spruit wat oorgeloop het op die laagwaterbrug op die Greenlandspad, meegesleur is. Die bus het aanvanklik net …
Drie en twintig kinders en 3 volwassenes is pas veilig uitgehelp na n grootskaalse reddingsoperasie wat sedert vanmiddag op die Greenlandspad uitgevoer is. Dit volg nadat n bus van die Weiveld Landbou en Hotelskool deur water van n spruit wat oorgeloop het op die laagwaterbrug op die Greenlandspad, meegesleur is.
Die bus het aanvanklik net na 15:00 vasgesit en terwyl daar nog gesukkel is om die bus uit te sleep, het die spruit afgekom.
Vrywilligers, nooddienste en die polisie het ingespring om te help en is almal ongedeerd teen ongeveer 19:00 uitgekry.