NewsNews

Eskom vaag – krisis nog nie verby nie

Eskom was Dinsdagoggend steeds baie vaag in sy reaksie oor die pad vorentoe vir die Ngwathe munisipaliteit wie se uitstaande Eskom rekening reeds oor die R658 miljoen beloop. Die kragreus was nie Dinsdagoggend bereid om te sê of Ngwathe Eskom se vereistes kon nakom nie. Daar is net gesê dat ’n amptelike besluit in ’n koerantkennisgewing bekendgemaak sal word en dat daar steeds onderhandel word. Sou daar voortgegaan word met die plasing van die kennisgewing bes moontlik binne die volgende week, sal daaglikse strafbeurtkragtye binne 7 dae na plasing van só ’n kennisgewing begin.

Eskom was Dinsdagoggend steeds baie vaag in sy reaksie oor die pad vorentoe vir die Ngwathe munisipaliteit wie se uitstaande Eskom rekening reeds by die R658 miljoen beloop.
Die kragreus was nie Dinsdagoggend bereid om te sê of Ngwathe Eskom se vereistes kon nakom nie. Daar is net gesê dat ’n amptelike besluit in ’n  koerantkennisgewing bekendgemaak sal word en dat daar steeds onderhandel word. Sou daar voortgegaan word met die plasing van die kennisgewing bes moontlik binne die volgende week, sal daaglikse strafbeurtkragtye binne 7 dae na plasing van só ’n  kennisgewing begin.
Strafbeurtkragtye sou dit toegepas word as laaste opsie, sal wees Maandae tot Vrydae van 06:00 tot 08:00 en weer van 17:00 tot 19:30, en Saterdae en Sondae van 08:30 tot 11:00 en weer van 15:00 tot 17:30.
Gazette het betroubaar verneem dat Ngwathe  na samesprekings verlede Vrydag teen Maandag R15 miljoen aan Eskom moes betaal as een van die voorwaardes wat gestel is. Hierbenewens vereis Eskom ook ’n  getekende en aanvaarde ooreenkoms met die kragreus vir ’n afbetaalplan, en ’n raadsbesluit wat sê dat die munisipaliteit voortaan sy huidige rekening ten volle en betyds sal betaal en die agterstallige skuld soos ooreengekom, ook sal betaal.
Om sake vir Ngwathe te vererger word daar steeds gemiddeld 4 tot 5 keer per week oorhoofse kragkabels gesteel. Dit is egter nie meer net oorhoofse kabels wat gesteel word nie, maar ook die kabels wat teen die kragpale oploop om krag na die oorhoofse lyne te voorsien. Die vermeende kragkabeldiewe wat tot dusver al in hegtenis geneem is, is telkens vrygelaat weens gebrek aan bewyse.
Intussen het die munisipaliteit bevestig dat ekstra brekers ingesit gaan word om die elektrisiteitsnetwerk in Tumahole te vergroot, maar kan die werk net gedoen word sou die weer dit toelaat. Sodra die werk gedoen word sal krag van 08:00 tot 17:00 in die hele Tumahole en bes moontlik ook Basa Park onderbreek word.Die dorpsgebied sal nie geraak word nie.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button