NewsNews

Pienk motors nie welkom in Potch se strate

Hoewel ’n paar pienk motors tydens JOOL gesorg het dat sowat 1 000 studente veilig by hul huise kom, is hulle nie welkom in Potch se strate nie.

Hoewel ’n paar pienk motors tydens JOOL gesorg het dat sowat 1 000 studente veilig by hul huise kom, is hulle nie welkom in Potch se strate nie.

Duck Around is raadslid Santi Britz se nuutste iDuc (nie-winsgewende organisasie) projek en fokus daarop om studente wat te veel gedrink het, veilig by hul huise te bring.

Sy sê dat sy ’n groot probleem het met studente wat tot laat op die Bult kuier en dan óf dronkbestuur, óf alleen in die middernagtelike ure huis toe loop.
“Meisies wat so alleen huis toe loop nadat hulle die hele aand gedrink het, is ’n sagte teiken vir verkragters,” sê Britz.
Britz kry egter baie weerstand van die munisipaliteit, en veral die verkeersdepartement.
Die woordvoerder van die stadsraad, Willie Maphosa, sê raadslid Britz behoort die wet beter te ken en hoe dit toegepas word.
Maphosa sê die vervoer van die publiek word gereguleer deur die Nasionale Padvervoerwet. Alle voertuie wat die publiek vervoer moet ’n permit hê.
“Hoewel ons haar veldtog verstaan en die goeie dienste wat sy lewer ondersteun, kan ons haar nie anders behandel as enige ander nie, veral nie omdat sy ’n lid van die stadsraad is nie.”
Britz sê hulle is in die proses om permitte te kry, maar dat dit tot ses maande kan neem.
Om op hierdie stadium binne die wet op te tree, lewer hulle ’n gratis diens aan studente, tot die permitte in plek is met die drie voertuie wat as vergunningsvoertuie gebruik word. Daar is ook volgens Britz diensleweringsooreenkomste in plek met verskeie instansies om hierdie projek moontlik te maak.
Britz sê sy is duidelik bewus van die wetlike vereistes en haar huiswerk is deeglik gedoen.
Sy nooi met graagte die stadsraad en hoof van verkeer om ’n oplossing te bied aan die jarelange probleem wat nooit opgelos word nie.
“Ons het tydens JOOL verskeie studente vervoer wat mediese hulp nodig gehad het as gevolg van ’n oormaat alkohol inname,” sê sy.
Tydens die Varsity beker het duisende studente ook ’n eed geteken ter ondersteuning van vroue- en kindergeweld.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button