NewsNews

Herrie ontstaan na man hoender in die lug gooi

Die Helshoogte-manskoshuis van die Universiteit van Stellenbosch (US) se jaarlikse ‘hoenderdag’ is op talle se lippe na ‘n beweerde voorval van dieremishandeling na dié dag ondersoek word.

Beeldmateriaal waar ‘n man ‘n hoender in die lug gooi is intussen wys op soiale media gedeel asook ‘n foto waar ‘n sigaret in die hoender se bek gesit word. Dit lyk soos dieselfde hoender, maar dit kan nie bevestig word nie.

Die Helshoogte-manskoshuis se ‘hoenderdag’ is ‘n jaarlikse instelling waar daar stalletjies en musiek is en studente sommer lekker saam kuier.

Na ondersoek ingestel is, is daar egter bevestig dat die man nie ‘n geregistreerde student van die universiteit is nie en uit die aard van die saak nie ‘n inwoners van Helshoogte-manskoshuis nie. Die man het glo self die hoender daar aangebring.

‘n Ondersoek van dieremishandeling is intussen van stapel gestuur. Die hoender is glo veilig en daar word na hom omgesien.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button