Dié drie is April 2016 in hegtenis geneem toe hulle deur die Vanderbijlpark-polisie in samewerking met die Valke vasgetrek is. Hulle het hulself as voornemende kopers voorgedoen en is in die Vaal Mall se parkeerarea gerarresteer met die renosterhorings in hul besit.
Martin van Rooyen,Conrad Franklyn en Adrian van Staden laasjaar in die hof.
‘n Groot deurbraak is deur die Valke en die Vanderbijlpark-polisie gemaak toe hulle ‘n renosterhoringsvonds met ‘n straatwaarde van R5,2 miljoen gekonfiskeer het. Die plaaslike span is van links konst. Mpho Molatedi, konst. Regionald Tlhoka en konst. Disema Mokoenyane.