NewsNews

Wat beteken jou taal vir jou – jy kan wen!

My taal help my om flink te dink. My taal laat my presteer. My taal laat my tuis voel. My taal is vir my meer as net 'n taal, meer as net 'n medium van kommunikasie. Net so is elkeen se moedertaal uniek, en het dit vir die gebruikers daarvan 'n unieke betekenis. Op 21 Februarie 2017 wil die ATKV weet: wat beteken jóú moedertaal vir jou?

 

My taal help my om flink te dink. My taal laat my presteer. My taal laat my tuis voel. My taal is vir my meer as net ‘n taal, meer as net ‘n medium van kommunikasie. Net so is elkeen se moedertaal uniek, en het dit vir die gebruikers daarvan ‘n unieke betekenis.  Op 21 Februarie 2017 wil die ATKV weet: wat beteken jóú moedertaal vir jou?

 

Op 17 November 1999 het UNESCO (die Verenigde Nasies se Opvoedkundige, Wetenskaplike en Kulturele Organisasie) die heel eerste Internasionale Moedertaaldag aangekondig. Sedertdien word Moedertaaltag elke jaar op 21 Februarie gevier. Die datum is nie om dowe neute gekies nie, maar verteenwoordig die gebeure op 21 Februarie 1952 toe vier jong studente in Dhaka, die hoofstad van Bangladesj, dood is weens konflik tussen Bengali- en Urdu-sprekers. Die studente het geveg vir die reg om in hul moedertaal gehoor te word, en die datum is ook tot openbare vakansiedag verklaar in Bangladesj.

Soos UNESCO inderdaad sê: “Tale is die kragtigste manier om kultuur te bewaar en te ontwikkel en om dit regoor die wêreld te bevorder.” Internasionale Moedertaaldag is ook ʼn manier om die belangrikheid van moedertale regoor die wêreld te beklemtoon, mense aan te moedig om ingelig te wees oor hul moedertaal en die fokus te laat val op die bewaring van kultuur en erfenis. 

 

Die ATKV vier elke jaar Internasionale Moedertaaldag deur die bewusmaking en viering van alle moedertale. Daar word gesing, gedans, gelees en gedeel in verskeie tale. Gesprekke word ook gevoer oor temas soos  Insluiting in en deur opvoeding: tale tel (2015) en Kwaliteitopvoeding, onderrigtaal (of -tale) en leeruitkomste (2016). Klem word nie net gelê op die belangrikheid van die bewaring van moedertale nie, maar ook op die kardinale belang van moedertaalonderrig vir kinders.

 

Vanjaar wil die ATKV oudergewoonte weer die gesprek oor moedertale en moedertaalonderrig op die agenda plaas om die belangrikheid van moedertaalonderrig by almal, veral ouers en voornemende ouers, tuis te bring. Maar hierdie keer wil ons van jóú ook hoor! Wat beteken jou moedertaal vir jou?

 

Gebruik #MyTaal en skryf ‘n kort sin of slagspreuk oor wat jou taal vir jou beteken. Jy kan een van drie #MyTaal-pryse wen:

  • 1ste plek: R500 kontantprys, boekpryse ter waarde van R350 en ‘n #MyTaal-geskenkpak
  • 2de plek: R300 kontantprys, boekpryse ter waarde van R250 en ‘n #MyTaal-geskenkpak
  • 3de plek: R200 kontantprys, boekpryse ter waarde van R150 en ‘n #MyTaal-geskenkpak

 

Die kompetisie begin op 14 Februarie en wenners sal op 21 Februarie aangekondig word.

Kontak Rozeldi Trollip by 011 919 9006 of stuur ‘n e-pos aan RozeldiT@atkv.org.za vir meer inligting.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button