Eskom en Ngwathe onderhandel – kragreus hoopvol
Ngwathe en Eskom het vandag weer onderhandel voordat ’n finale besluit gemaak sal word of kragvoorsiening met daaglikse strafbeurtkragtye vir dié munisipaliteit sal geld. Eskom het vandag egter gesê hy is hoopvol dat ’n ooreenkoms breik sal word, en dat drastiese stappe soos die staking van elektrisiteitsvoorsiening die laaste uitweg is.
Ngwathe en Eskom het vandag weer onderhandel voordat ’n finale besluit gemaak sal word of kragvoorsiening met daaglikse strafbeurtkragtye vir dié munisipaliteit sal geld.
Eskom het vandag egter gesê hy is hoopvol dat ’n ooreenkoms breik sal word, en dat drastiese stappe soos die staking van elektrisiteitsvoorsiening die laaste uitweg is.
Ngwathe en die Phumelela munisipaliteite het net tot gister tyd gehad om Eskom se voorwaardesdes na te kom om strafbeurtkrag te vermy. Die voorwaardes het ingesluit dat ’n betaling gemaak moes word, ’n aanvaarbare betaalplan aan Eskom voorgelê moet word, en dat die munisipaliteite se onderskeie rade ’n skriftelike onderneming moet gee dat maandelikse rekeningverpligtinge getrou en stiptelik nagekom sal word en die agterstallige skuld betaal sal word.