NewsNews

Beste oeste in jare op plekke verwag

Terwyl Vrystaatse boere nog jubel oor die welkome reën, en die vooruitsig op plekke vir die beste oeste in jare, is daar ook plae onder gewasse en vee wat weens die baie reën kop uitsteek. Volgens Kobus Dannhauser, voorsitter van Parys Landbou is daar in die Weiveld-omgewing vir Oktober 2016, 58mm reën gemeet, vir November 211mm, vir Desember 112mm en in Januarie vanjaar 80mm.

Terwyl Vrystaatse boere nog jubel oor die welkome reën, en die vooruitsig op plekke vir die beste oeste in jare, is daar ook plae onder gewasse en vee wat weens die baie reën kop uitsteek.
Volgens Kobus Dannhauser, voorsitter van Parys Landbou is daar in die Weiveld-omgewing vir Oktober 2016,  58mm reën gemeet, vir November 211mm, vir Desember 112mm en in Januarie vanjaar 80mm.
Dannhauser sê te midde hiervan is daar reeds bevestigde gevalle van knopvelsiekte, 3-dae stywesiekte en waarskuwings vir slenkdalkoors. Hy sê boere moet seker maak hul ent hul vee in en dat hulle hul veearts skakel as daar enige kommer is.
Kommandowurmplaag onder gewasse is ook reeds in verskeie dele van die land gerapporteer en was daar ook boere in die Vredefort en Greenlands omgewings wat die plaag vermoed het. Die plaag  moet egter nie met die Amerikaanse bolwurm verwar word, wat baie eenders lyk.
Landboukundiges meen ten spyte van die plaag in dele van die land, is dit nog nie rede tot paniek nie, veral as boere betyds optree. Plaagdoders is in ’n  rekord tyd geregistreer vir vroeë en laat stadium beheer, sê Dannhauser.
Kommandowurms kan maklik uitgeken word aan die omgekeerde “V” op sy kop en vier kolletjies op sy agterlyf. Kommandowurms trek in sarsies in lande.
Die motte lê eiers en terwyl die wurms grootword, sal nog motte al die volgende klomp eiers lê.
Hoe gouer die eiers en wurms raakgesien word, hoe makliker is dit om die plaag te beheer.
As die wurms eers in die mielies se skutblare inkruip, word beheer moeiliker en ook baie duurder, is gewaarsku.
Uitbrake kan aangemeld word by Jan Hendrik Venter by (012) 319 6384, 072 348 8431 of janhendrikv@daff.gov.za asook by jou plaaslike chemikalieë-agent
Intussen kan verbruikers hulle maar staal vir hoë vleispryse met tot 15% produsenteprysstygings die laaste maand en ’n 30% styging oor die afgelope ses maande

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button