NewsNews

Moenie in dié strik strap nie

Die Suid-Afrikaanse Bankrisiko-inligtingsentrum (Sabric) vra verbruikers moet versigtig wees om nie ‘n slagoffer van OTM-bedrog te word wanneer onttrekkings by kitsbanke gedoen word nie.

Dit is egter baie vinnig en gerieflik om kontant by ‘n OTM te trek, maar dit is ook maklik vir misdadigers om OTM-bedrog te pleeg.

Verskillende modus operandi’s word gevolg om OTM-bedrog te pleeg wat die volgende insluit:

  • Die misdadiger sal die gebruiker by die kitsbank nader en hulp aanbied. Hy of sy sal dan jou bankkaart omruil met ’n soortgelyke een sonder dat jy dit agterkom.
  • Die misdadiger sal naby aan die gebruiker staan om sy/haar OTM-pin te sien. Hulle sal daarna die regte kaart neem en saam met die PIN-kode kontant gaan trek.
  • Misdadigers sal die taal van die OTM-skerm verander sodat dit die gebruiker deurmekaar maak en hy/sy hulp kan aanbied.
  • Misdadigers sal die kaartgleuf probeer blok sodat hulle die gebruiker na ’n ander, geïsoleerde kitsbank kan lok.

 

Gebruik die volgende nuttige wenke om nie in die strik te trap nie:

  • As jy vermoed daar is fout met die OTM, kaneselleer die transaksie onmiddellik.
  • Vermy kitsbanke waarvan die skerms dof vertoon of wat te stadig werk.
  • Hou jou kaart reeds byderhand wanneer jy ’n OTM nader. Vermy dit ook om jou beursie oop te maak by die kitsbank.
  • Wees versigtig vir vreemdelinge wat jou hulp bied. Hulle probeer dalk jou aandag aflei om sodoende jou kaart en/of PIN te kry.
  • Volg die instruksies van die kitsbank noukeurig.
  • Tik jou PIN in slegs wanneer daarvoor gevra word.
  • Rapporteer verdagte mense wat by die kitsbank rondhang.
  • Indien jy tydens die transaksie gepla word deur ’n ander persoon, verander jou PIN onmiddellik of stop jou bankkaart.
  • Vermy kitsbanke met eienaardige voorwerpe wat daaraan vasgemaak is.
  • Moet niemand om hulp nader nie, self nie die sekerheidswagte nie. Gaan liewers direk bank toe.
  • Moet nooit jou bankkaart in die gleuf in forseer nie.
  • Kies ’n PIN wat maklik is om te onthou, maar moeilik is om te ontsyfer. Moet nie jou verjaarsdagdatum gebruik as ’n PIN nie.
  • Kyk gereeld na jou balans en rapporteer enige onreëlmatige transaksies dadelik aan jou bank.

Bron: Huisgenoot

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button