NewsNews

Inlandsee se flaminke en ander voëls bekyk

Die volgende byeenkoms van die Feathers Voëlklub word op Donderdag 23 Februarie om 18:30 by die Sally Martin Park saal in Parys gehou. Jan Fourie was einde verlede jaar by die Weskus en hy sal oor daardie omgewing en die voëls wat hy daar gesien het, praat. Hy het ook heelwat foto’s geneem wat hy met klublede kom deel.

Die volgende byeenkoms van die Feathers Voëlklub word op Donderdag 23 Februarie om 18:30 by die Sally Martin Park saal in Parys gehou.
Jan Fourie was einde verlede jaar by die Weskus en hy sal oor daardie omgewing en die voëls wat hy daar gesien het, praat.
Hy het ook heelwat foto’s geneem wat hy met klublede kom deel.
Uitstappie: Die Februarie-uitstappie is op dieselfde dag as die vergadering (Donderdag 23 Februarie.
Die klub besoek Inlandsee. Daar is tans heelwat flaminke en baie ander voëls op pad daarheen.
Die groep vertrek om 06:30 vanaf die Pick n  Pay parkeerterrein. Bring jou piekniekmandjie, verkyker en stoel saam.
Alle belangstellendes word vriendelik genooi om die geleenthede by te woon.
Skakel Hansie Bekker by (056) 811 4754 of 082 820 4306), of Peter Killian by 083 625 8100 vir meer inligting oor die uitstappie of die klub se aktiwiteite.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button