NewsNews

AfriForum waarsku dat verburikers in effek Eskomskuld gaan betaal

Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd dat munisipaliteite wat Eskom geld skuld die verbruiker gaan laat opdok om dié skuld te delg.

 

 

Die burgerregte-organisasie AfriForum is bekommerd dat munisipaliteite wat Eskom geld skuld die verbruiker gaan laat opdok om dié skuld te delg.

 

AfriForum stel daarom vandag ’n projek aan 102 AfriForum-takke landwyd bekend om gemeenskappe te bemagtig om insette te lewer ten opsigte van die opstel van munisipale geïntegreerde ontwikkelingsplanne (GOP’s) en  -konsepbegrotings. Dít sal bepaal watter tariewe munisipaliteite vir dienste en erfbelasting kan hef, asook watter dienste in gebiede gelewer gaan word.

 

Munisipaliteite is tans besig om hul GOP’s en konsepbegrotings saam te stel. Begrotings gaan die terugbetaling van Eskom-skuld en die terugbetalingsooreenkomste ten opsigte daarvan insluit. Munisipaliteite gaan waarskynlik hul dienstariewe verhoog in ’n poging om die miljoene rand se Eskom-skuld terug te betaal.

 

“Dit sal onbillik en onregmatig wees om betalende verbruikers te dwing om in effek twee keer vir dieselfde diens te betaal. Gemeenskappe moet op die uitkyk wees hiervoor en protes by die regte forums aanteken indien dit gebeur,” sê Marcus Pawson, AfriForum se hoof van plaaslike regering.

 

Volgens Pawson het die nasionale tesourie munisipaliteite tot ’n 6%-tariefverhoging op dienste beperk en voorgeskryf dat 8% van die begroting vir die instandhouding van infrastruktuur aangewend moet word.

 

Gemeenskappe wat insette ten opsigte van die jaar se tariewe en dienste wil maak, kan by hul plaaslike AfriForum-tak inskakel. Deelname sal verseker dat die begroting slegs spandeer word op sake wat in die GOP’s aangespreek word.

 

Jy kan ook op takvlak by die projek betrokke raak deur jou dorp se naam na 45344 te SMS (R1).

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button