NewsNews

‘Container Park’ dalk einde Maart reeds voltooi

’n Projek om ’n sogenaamde “Container Park” in Parys se hoofstraat op die h/v Breë- en St Janstraat te vestig, behoort reeds einde Maart vanjaar voltooi te wees as weersomstandighede dit toelaat. Só sê die argitek vir die projek, Anwar H. Deedat van A4 Consulting.

’n Projek om ’n sogenaamde “Container Park” in Parys se hoofstraat op die h/v Breë- en St Janstraat te vestig, behoort reeds einde Maart vanjaar voltooi te wees as weersomstandighede dit toelaat. Só sê die argitek vir die projek, Anwar H. Deedat van A4 Consulting.
Met die eerste fase van die projek sal die eerste 57 van die totale 72 skeepsvraghouers (containers) op die terrein geplaas word om ’n tipe “vlooimark” konsep  te skep met kuns en handwerk uitstallers, asook ruimte vir meer gespesialiseerde uitstallers uit die kreatiewe industrie. Die park sal ‘n geplaveide terrein hê, asook ’n    groen gebied met speelplek vir kinders en ’n  deurry wegneemete restaurant, sê Deedat.
Die projek word deur die kontrakteur Sedtrade gedoen vir die Vrystaatse regering se DETEA (Department of Economic Development, Tourism and Environmental Affairs).
Die koste vir die eerste fase van die projek beloop R10 miljoen, terwyl die totale projekkoste na verneem word R15 miljoen beloop.
Die terrein is verlede jaar as hooffeesterrein vir die Free State/Madeira Flower Festival gebruik en die plan is dat die terrein met voltooiing daarvan weer deur uitstallers vir die naweek van die fees gebruik sal word.
Met verlede jaar se fees was die terrein nog nie voltooi nie en het nat weer verdere probleme en uitdagings vir die kontrakteur veroorsaak.
Dit is die rede waarom die aanvanklike plaveistene eers gelig moes word sodat die terrein  voorberei kon word vir die oordoen van die plaveiwerk. Die sogenaamde Container Parke is ’n  moderne sentrum-tendens wat regoor die wêreld gesien kan word.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button