NewsNews

Man dood in kanaal gevind

‘n Man is Sondagoggend 5 Februarie dood gevind in ‘n waterkanaal langs die Viljoenskroonpad, sowat 10km buite Potchefstroom.

Die polisie en ER24 was op die toneel waar die man se lyk gevind is. Foto: Verskaf

Die polisie en ER24 was op die toneel waar die man se lyk gevind is. Foto: Verskaf

ER24 paramedici het kort voor 11:00 op die toneel gekom waar die polisie reeds besig was om die man se liggaam uit die kanaal te haal. Paramedici kon niks verder doen om die man te red nie en hy is op die toneel dood verklaar.

Die man was glo gister om 16:00 laas by sy huis duskant die kanaal gesien.

 

Related Articles

Back to top button