NewsNews

Joost se stryd verby

Springboklegende Joost van der Westhuizen se stryd teen motorneuronsiekte is verby. Hy het vanmiddag by sy huis in Johannesburg gesterf. Joost is die naweek in ‘n kritieke toestand in die Life Fourways-hospitaal opgeneem. Sy toestand is eers laat Saterdagaand gestabiliseer, maar teen 13:30 vanmiddag was sy stryd finaal verby. Joost het in 1993 Springbok geword …

Springboklegende Joost van der Westhuizen se stryd teen motorneuronsiekte is verby. Hy het vanmiddag by sy huis in Johannesburg gesterf.

Joost is die naweek in ‘n kritieke toestand in die Life Fourways-hospitaal opgeneem. Sy toestand is eers laat Saterdagaand gestabiliseer, maar teen 13:30 vanmiddag was sy stryd finaal verby.

Joost het in 1993 Springbok geword en sal onthou word as een van die beste skrumskakels van alle tye wat ook gedeel het in die Wêreldbeker-triomf vir Suid-Afrika in 1995. Dit was ook hy wat die bal na Joel Stransky aangegee het vir die skepskop wat die eindstryd met 15-12 in Suid-Afrika se guns sou beklink.

Tot 2012 was hy die Springbok-rekordhouer met 38 toetsdrieë wat eers in 2012 deur Bryan Habana gebreek is.

Motorneuronsiekte is in 2011 by hom gediagnoseer.

Related Articles

Back to top button