NewsNews

Joost se stryd verby

Bok-legende Joost van der Westhuizen is vanmiddag by sy huis in Johannesburg oorlede nadat hy die naweek in 'n kritieke toestand in die Life-Fourways Hospitaal in Johannesburg opgeneem is. Sy toestand is laat Saterdagaand gestabiliseer, maar om 13;30 vanmiddag was Joost se moedige stryd teen motorneuronsiekte finaal verby.

Bok-legende Joost van der Westhuizen is vanmiddag by sy huis in Johannesburg oorlede nadat hy die naweek in ‘n kritieke toestand in die Life-Fourways Hospitaal in Johannesburg opgeneem is. Sy toestand is laat Saterdagaand gestabiliseer, maar om 13;30 vanmiddag was Joost se moedige stryd teen motorneuronsiekte finaal verby.

Die oud-Bokkaptein het wêreldwyd harte geraak nie net tydens sy roemryke rugbyloopbaan nie, maar ook sedert die siekte in 2011 by hom gediagnoseer is en hy dapper terugbaklei het.

Rugby-ondersteuners sal hom onthou word as een van die beste skrumskakels van alle tye. Dit was ook hy wat die bal na Joel Stransky aangegee het vir die skepskop wat Suid-Afrika in 1995 die Wêreldbeker-wenner sou maak  In sy loopbaan het hy 38 toetsdrieë gedruk, ‘n Rekord vir die Springbokke wat eers in 2012 deur Bryan Habana gebreek kon word.

 

Related Articles

Back to top button