NewsNews

Eskom: Krag nie nou gesny nie

“Eskom sal nie aanstaande week met sy beplande daaglikse kragonderbrekings in Parys en Ngwathe se ander dorpe begin nie,” sê DA-raadslid Arnold Schoonwinkel, ‘n lid van die burgemeester se taakspan oor die Eskomskuld. Die taakspan het ’n afbetaalplan vir Ngwathe se enorme R650m agterstallige Eskom-skuldrekening verlede week aan die volle Raad vir goedkeuring voorgelê, waarna dit deur senior amptenare aan Eskom oorgedra is. Eskom self was egter net bereid om by navraag te sê dat die kragreus steeds alle voorstelle en ontwikkelings oorweeg voordat ’n amptelike aankondiging gemaak sal word oor die pad vorentoe vir Ngwathe.

Om inkomste te verhoog was daar sedert verlede Dinsdag openbare vergaderings in al 18 wyke van Ngwathe, waartydens wykraadslede en amptenare die publiek kon aanspoor om hul diensterekenings tydig te betaal, en hul ook kon inlig oor nuwe maatreëls om kragdiewe vas te vat. Die drie finale vergaderings was gistermiddag in Parys en Heilbron.   Intussen gaan onderhandelinge  voort oor die moontlike algehele oordrag van elektrisiteitsverspreiding in Ngwathe na Eskom. In ‘n voorlegging aan die taakspan stel Eskom voor om self Ngwathe se munisipale inkomste in te vorder, en hul betaling vir elektrisiteit af te trek voordat die res van die geld aan Ngwathe oorbetaal word. Eskom sal ook glo voorafbetaalde slimkragmeters op Ngwathe se koste installeer by alle verbruikers, hopelik om kontantvloei te verbeter en kragdiefstal te voorkom.
By Gazette se ter perse gaan was dit egter onseker of die munisipale jaarverslag betyds ingedien sou word. Volgens wet moet die burgemeester elke jaar voor of op 31 Januarie die jaarverslag by die Raad indien. Die belangrike dokument bevat onder meer die finansiële jaarstate, die ouditeur-generaal se opinie, en sy bevindings en aanbevelings. Na indiening by die Raad begin ’n  openbare deelname proses.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button