NewsNews

Plaaslike skietdae wat jy kan dagboek

Alle skuts word weer herinner aan die plaaslike jaggeweer skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) in Parys wat op Saterdag 11 Fe-bruarie op die Ballistic Beast Skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld aangebied word. Dit sal ’n geldige skietbyeenkoms vir SAJWV-lede wees, wat ook as hul jaarlikse bywoning tel.

Alle skuts word weer herinner aan die plaaslike jaggeweer skietdag van die Suid-Afrikaanse Jagters & Wildbewaringsvereniging (SAJWV) in Parys wat op Saterdag 11 Fe-bruarie op die Ballistic Beast Skietbaan (ou Kommando-skietbaan) by die Parys-vliegveld aangebied word.
Dit sal ’n geldige skietbyeenkoms vir SAJWV-lede wees, wat ook as hul jaarlikse bywoning tel.
Inskrywings kan vanaf 07:00 gedoen word en sluit om 09:00. Die koste is R100 per volwassene en R50 per kind. Lede en nie-lede asook juniors is welkom. Diegene wat iemand anders se kinders saambring om te kom skiet, moet onthou om vooraf by Sons of Guns ’n vrywaringsvorm in te vul. Oog- en oorbeskerming vir die skietdag is verpligtend.
Onthou ook dat daar geleentheid is om met handwapens te skiet op Dinsdag 7 Februarie by Sons of Guns se binnenshuise skietbaan.
Enigeen wat navrae het is welkom om Jan Lubbe by 082 421 1122 te kontak, of stuur ‘n e-pos na janlubbe@repmetco.co.za

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button