NewsNews

Ambulans met pasiënt rol op R59

MEYERTON. – ‘n Ambulans van Princemed EMS wat ‘n pasiënt vervoer het, was Vrydagoggend in ‘n ongeluk by die Johan le Roux-afrit op die R59 betrokke.

IMG-20170127-WA0007

 

Nooddienspersoneel van ER24 en Midvaal Brandweer het vir meer as ‘n uur gespook om die bestuurder van die ambulans uit die wrak te bevry.

Die oorsaak van die ongeluk is onbekend, maar die bestuurder het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, waarna dit gerol en langs die pad in ‘n sloot beland het.

Die bestuurder en die pasiënt wat vervoer is, het kritieke beserings opgedoen, terwyl ‘n paramedikus ernstige beserings opgedoen het.

Die ongelukstoneel

Related Articles

Back to top button