NewsNews

“Ons liefste Poppie het engelvlerke”

Sy was net 19 maande oud. ’n Glimlaggende bondeltjie vreugde. Tot einde November, begin Desember, toe alles vir haar ouers, Freddie en Liezel, onomkeerbaar verander het.

Sy was net 19 maande oud. ’n  Glimlaggende bondeltjie vreugde. Tot einde November, begin Desember, toe alles vir haar ouers, Freddie en Liezel, onomkeerbaar verander het.
Skielik was klein Anebelle Pretorius siek. Maar min het hulle geweet hoe ernstig siek sy werklik was.
Liezel en Freddie vertel dat ’n  blakend gesonde Anebelle begin het om op  te bring, van balans af was, nie meer wou eet nie, later gesukkel het om te loop en te sit, en dikwels sommer net gelê het. Sy het gewig verloor – van 11kg totdat sy later net 8,5kg geweeg het. Wanneer sy naar geword het, het sy aan haar koppie gevat en gesê “eina”. “As jy nou terugdink was daar soveel tekens,” vertel Liezel.
Omdat dit Desember was, het die egpaar gesukkel om ’n dokter of pediater te kry wat kon help, omdat baie dokters oor Desember hul praktyke sluit, vertel hulle. Teen einde Desember kon Anebelle  nie meer sit of loop nie.
Op 3 Januarie is hul na ’n pediater wat Anebelle se toestand aan refluks toegeskryf het. Die medisyne het nie gehelp nie. Anebelle het sieker geword. Hulle is na nog ’n dokter wat dadelik onraad vermoed het en met ’n ander pediater gekonsulteer het. Op die pediater se aanbeveling is Anebelle dadelik in Mediclinic Vereeniging opgeneem.
’n  Nagmerrie week het vir Freddie en Liezel en hul drie ouer kinders, Jason (10), Sussa (9) en Justin (6) gewag.
Op 11 Januarie is Anebelle in die hospitaal opgeneem en verskeie toetse is gedoen. Die CT skandering het ’n massiewe breingewas gewys. ’n  MRI skandering is daarna gedoen en sy is dieselfde dag nog, op 17 Januarie, na die Eugene Marais-hospitaal in Pretoria geneem, waar sy ’n ses uur lange operasie ondergaan het om die gewas te verwyder.
Die operasie was ’n  sukses en net 2% van die gewas kon nie verwyder word nie. Die dokter was voor die operasie al bekommerd oor die baie bloedverlies tydens die operasie. Tog het die operasie goed afgeloop en het sy goed reageer.  Die oggend van 18 Januarie, enkele ure na die operasie, het Anebelle se hartjie gaan staan.
Die onbeskryflike hartseer in ’n ouerhart oor hul liefling poppie kan hul nie beskryf nie. Tog sê hulle dat wat met Anebelle gebeur het, ’n  groot lewensles vir baie ouers is om nooit  waarskuwingstekens dat daar moontlik iets skort met jou kind se gesondheid, te ignoreer nie.
Selfs die fyn aartjies op Anebelle se voorkop weet hul nou, was weens die swelling van haar brein.
Anebelle is Woensdag vanuit die Hervormde Kerk Parys begrawe. Sy was ’n kleuter van Blikoortjies-kleuterskool.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button