NewsNews

Dood na mangeloperasie: Dokter gevonnis

VEREENIGING. – Streeklanddros Retha Willmese het dr. Deon Kotze, spesialis-narkotiseur van die stad gevonnis na die tweejarige Juandré Bennett op 4 Mei 2012 oorlede is na ‘n mangeloperasie.

Dr. Kotze en sy vrou, Anida.

Dr. Kotze en sy vrou, Anida.

Dr. Deon Kotze is gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf, opgeskort vir vyf jaar op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind word aan strafbare manslag nie. Hy moet ook 18 maande gemeenskapsdiens by Sasolburg-hospitaal doen. Die gemeenskapsdiens sal insluit dat dr. Kotze mediese opleiding aan narkotiseurs gee.

Juandré Bennett se familie het egter nie die saak daar gelos toe hulle gehoor het hy is oorlede nie en alles in hul vermoë gedoen om agter die kap van die byl te kom oor wat skeef geloop het. Daar is later bevestig dat dr. Kotze veronderstel was om die halotaangas na twee minute van 5% na 2% moes verminder, maar hy het nie.

Dr. Kotze se advokaat, Johan Strör voer aan dat dr. Kotze nie weet wat daardie dag gebeur het nie en nie bewus was dat hy ‘n oordosis narkose toegedien het nie. Dr. Kotze het in Januarie 2016 skuldig gepleit.

Streeklanddros Retha Willemse het tydens die vonnisoplegging gesê dat die doel van die straf is afskrikking, vergelding en voorkoming. “In u saak is ‘n jong lewenslustige kind dood as gevolg van u nalatigheid,” het sy gesê.

Streeklanddros Willemse het die aard en erns van die saak, die gemeenskap se belang asook dr. Kotze se persoonlike omstandighede in ag geneem om ‘n gepaste vonnis op te lê.

 

 

Wyle Juandré Bennett

 

 

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button