NewsNews

Twee van die gevaarlikste hospitale in Gauteng is in die Vaal

VEREENIGING. – Sebokeng Hospitaal en Kopanong Hospitaal is gelys as een van die mees gevaarlikste hospitale in Gauteng.

p018zk5g

Statistieke van ‘n studie wat in 2015 gedoen is toon dat daar 503 gevalle in dié betrokke jaar was wat as ersntige nadelige gevolge vir die pasiënt ingehou het. Mnr. Jack Bloom van die DA skryf dit egter toe aan nalatigheid, onbevoegdheid van die personeel en ‘n mislukte sisteem.

Hoewel die meeste gevalle wat nadelige gevolge vir die pasiënt ingehou het by die Chris Hani Baragwanath-hospitaal (62) aangemeld is, word die Jubilee Hospitaal in Hammanskraal as die gevaarlikste beskou omdat dit veel kleiner as die Chris Hani Baragwanath-hospitaal is en 51 sulke voorvalle plaasgevind het in die jaar wat die studie gedoen is.

Die statistiek is van die Gautengse Departement van Gesondheid deur mnr. Jack Bloom bekom.

Die drie veiligste staatshospitale in Gauteng is Heidelberg Hospitaal, Edenvale Hospitaal en Tambo Memorial.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button