NewsNews

En in die gat….

Wat bykans twee maande gelede nog gelyk het na ’n nuwe munisipale swembad in wording vir Parys by die kruising van Loop- en Waterstraat met kinders wat in die water baljaar het, is nou net ’n droë gat wat oënskynlik net verbygangers die kop in skaamte laat sak vir sulke flink dienslewering. Die gat wat deur munisipale werkers van Ngwathe gegrawe is om ’n pyplek reg te maak, lê al maande so oop by dié gevaarlike kruising. En met Desember se heerlike reën vir Parys en omgewing, het die gat sommer gou ‘n swembad geword.

Wat bykans twee maande gelede nog gelyk het na ’n  nuwe munisipale swembad in wording vir Parys by die kruising van Loop- en Waterstraat met kinders wat in die water baljaar het, is  nou net ’n droë gat wat oënskynlik net verbygangers  die kop in skaamte laat sak vir sulke flink dienslewering.
Die gat wat deur munisipale werkers van Ngwathe gegrawe is om ’n  pyplek reg te maak, lê al maande so oop by dié gevaarlike kruising. En met Desember se heerlike reën vir Parys en omgewing, het die gat sommer gou ‘n swembad geword.
Die laaste sien van die munisipale werkers was toe die gat einde verlede week leeggepomp is en toe maar weer laat staan is. Selfs die sonsambreel wat Desember nog daar gestaan het, is weg.  Dalk is inwoners se enigste oplossing maar om dit self op te vul en ‘n boom te plant, word  nou gespot.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button