NewsNews

Geen water tussen 20:00 en 06:00 in Emfuleni-distrik

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit begin vandag met waterrantsoening en krane sal saans om 20:00 toegedraai word en eers wees soggens om 06:00 oopgedraai word.

no-water

Gebiede wat hierdeur geaffekteer word is onder meer Vereeniging, Vanderbijlpark, Sebokeng, Roshnee, Evaton, Lakeside, Rust-ter-Vaal Bophelong en Boipatong.

Volgens Stanley Gaba, waarnemende kommunikasiebestuurder vir die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit kon inwoners in die gebied nie daarin slaag om 15% water weekliks te spaar soos voorgeskryf deur die Departement van Water en Sanitasie nie. Sover is slegs 9.5% weekliks gespaar.

Hoogliggende gebiede soos Evaton, Lakeside en Roshnee sal geen water in die tye hê nie, terwyl laagliggende gebiede soos Vanderbijlpark en Vereeniging drupsgewys water sal hê wat uit die krane loop omdat daar steeds bietjie water in die reservoirs agterbly.

Gaba sê verder dat hoewel die Vaaldam se watervlak aansienlik gestyg het, het die land en die opvangsgebied van die Vaaldam nog baie reën nodig.

Sou inwoners van Emfuleni nie daarin slaag om 15%water te spaar nie sal die munisipaliteit gedwing word om waterrantsoening bedags ook te implementeer.

Daar is in Desember gevra sakeondernemings en nywerhede moet hul watergebruik drasties verminder, terwyl huishoudings nie meer as 25 kiloliter water moet gebruik nie. Na ‘n opname gedoen is, is gevind dat 3 000 sakeondernemings en nywerhede en 41 000 huishoudings hul waterverbruik oorskrei het.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button