NewsNews

Gewapende roof by Vaal Mall – twee geskiet

VANDERBIJLPARK. – ‘n Gewapende roof by Vaal Mall, vanoggend Maandag 23 Januarie het vir rowers lelik skeefgeloop toe twee van hulle geskiet is en twee ander gevang is.

SAPD Lede en sekuriteitspersoneel soek die vuurwapens wat deur die rowers tussen die bosse ingegooi is. FOTO: JANNIE DU PLESSIS

SAPD Lede en sekuriteitspersoneel soek die vuurwapens wat deur die rowers tussen die bosse ingegooi is. FOTO: JANNIE DU PLESSIS

Die rooftog was rondom 00:00 vanoggend en volgens inligting was daar meer as net die vier rowers betrokke. Twee van die rowers is klaarblyklik deur sekuriteit personeel gewond waarop hulle probeer het om by die Noord-Westelike hek te probeer uitglip. Die sekuriteit by die hek het hulle egter voorgekeer en hulle het na die suidelike parkering gehardloop waar hulle deur SAPD en sekuriteitspersoneel vasgetrek is. Die gesteelde items wat by Amerian Swiss geroof is is alles teruggevind. Vanoggend het polise en sekuriteitspersoneel na vuurwapens in die bosse gesoek wat waarskynlik deur die rowers daar gegooi is.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button