NewsNews

Geliefde sakeman sterf

Christo Blomerus, bekende sakeman en elektrisiën van Parys, het op Vrydag 20 Januarie ná ses maande, sy stryd teen kanker verloor. Christo was baie geliefd in die gemeenskap. Sy kliënte het oor ’n tydperk van 30 jaar hom geken as ’n eerlike, opregte mens wat altyd reg was om hulp en raad te gee.

Christo Blomerus, bekende sakeman en elektrisiën van Parys, het op Vrydag 20 Januarie ná ses maande, sy stryd teen kanker verloor.
Christo was baie geliefd in die gemeenskap. Sy kliënte het oor ’n  tydperk van 30 jaar hom geken as ’n  eerlike, opregte mens wat altyd reg was om hulp en raad te gee.
Hy het vir jare gedien op die beheerliggaam van Parys Primêre skool, en was vir meer as 25 jaar op die kerkraad van die NG gemeente Parys-Oos,
Hy word oorleef deur sy vrou, Corné, 5 kinders, 3 skoonseuns en 4 kleinkinders, asook ’n  broer en suster. Christo en Corné was 35 jaar getroud.
Christo sal altyd onthou word deur sy geliefdes en vriende as ’n  sagte, liefdevolle mens wat diep spore in Parys getrap het en vir wie sy gesin en familie hom baie na aan die hart gelê het.
Die begrafnisdiens is Vrydag 27 Januarie om 11:00 vanuit die NG gemeente Parys-Oos.
Daar is soveel name om te noem – dankie aan elkeen wat met ’n woord of gebaar van vriendskap en meelewing uitgereik het na die Blomerus-gesin. Dit word opreg waardeer.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button