NewsNews

Mense van die Aarde veg vir hul kultuur

“As ek sterf moet niemand oor my praat nie. Die Aarde moet oor my praat, die natuur moet praat, die diere, die voëls en selfs die insekte – hulle moet almal oor my praat.”

Piet Berendse, die kultuurleier, wys die been van 'n steenbok wat hulle di evorige aand gejag en eet het. Foto: Wouter Pienaar

Piet Berendse, die kultuurleier, wys die been van ‘n steenbok wat hulle di evorige aand gejag en eet het. Foto: Wouter Pienaar

“As ek sterf moet niemand oor my praat nie. Die Aarde moet oor my praat, die natuur moet praat, die diere, die voëls en selfs die insekte – hulle moet almal oor my praat.”

Dit is die lewensdoel van Piet Berendse, Boesman van die Kalahari wat probeer veg vir sy kultuur.
Berendse het Maandag saam met van sy ander kultuurlede van die organisasie “/Khuisi Bushcamp”, onder andere medisyneman, natuurkenner en oudste, in Potchefstroom kom rus na ‘n lang reis vanaf Upington.
Hul organisasie beteken aasvoël boskamp. Volgens Berendse het hulle die Aasvoël gekies omdat dit die voël is wat die Aarde skoonmaak.
Dié boesmans het net hul oggend in Potchefstroom by Riverwalk Mall in die parkeerterrein spandeer, toe Herald op hulle afgekom het. Hier was hulle besig om allerhande interessanthede aan verbygangers uit te deel. Dit sluit allerlei handgemaakte medisynes, kruie en poeiers in wat deur Dawid Rooi, die tradisionele medisyneman gemaak is. In die namiddag het hulle weer alles opgepak en hul reis voortgesit na Pretoria, waar hulle van plan is om met die regering in kontak te kom.

Dawid Rooi, die tradisionele medisyneman. Foto: Wouter Pienaar

“Daar is baie mense wat namens ons praat in die regering – nou wil ons ook na die regering toe kom,” sê Berendse, wat moeg daarvoor is dat iemand wat hulle nie eens ken nie, namens hul kultuur verkeerde besluite maak.
“Hulle ry blink karre en dra duur klere, maar dan wil hulle namens ons, die mense van die veld en van die Aarde, praat.”
“Ons het vir die regering gesê, bring die leiers saam met wie julle so sit sodat hulle paar dae saam met ons in die veld kan spandeer, tussen die diere, tussen die leeus, tussen gevaar. Net vyf dae sonder kos, sonder water, sonder Westerse klere,” sê hy.

Tolman Vaalbooi (natuurkenner), Piet Berendse (kultuurleier), Helena de Koker (verslaghouer), Dawid Rooi (tradisionele medisyneman) en Gert Kordom (oudste).

Berendse en sy groep het onlangs hul nie-politiese organisasie gestig om die Boesmankultuur te bevorder. Hulle poog nou om fondse aan te vra van die regering, aangesien hulle nooit enige befondsing gekry het om hul kultuur te bevorder nie.
Volgens Berendse sukkel hulle al van 2007 om grond by die regering te kry, maar hulle word ignoreer.
“Ons is veldmense, ons is gebore in die veld – ons is nie in die ‘lokasie’ gebore nie.
“Die een leier slaap vir drie nagte met ‘n skerpioen in sy sak en ek slaap twee aande met ‘n slang en hy byt nie eers nie. Want hulle is lief vir ons.
Die regering dink hulle ken ons kultuur, maar hulle het geen idee nie.”

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button