NewsNews

4 Tipes Mammas wat kinders vir eerste dag van Gr.1 aflaai

Huil Mamma Hierdie ma huil gewoonlik meer as die kind wat hulle skool loopbaan begin. Sy kan herken word deur die rooi gehuilde oë en die boks sneesdoekies wat sy onder haar arm dra. Sy dra gewoonlik ook nog haar sewe jarige kind op haar heup. Sy is die laaste ma om al groetend van …

Huil Mamma

huil

Hierdie ma huil gewoonlik meer as die kind wat hulle skool loopbaan begin. Sy kan herken word deur die rooi gehuilde oë en die boks sneesdoekies wat sy onder haar arm dra. Sy dra gewoonlik ook nog haar sewe jarige kind op haar heup. Sy is die laaste ma om al groetend van die klas se venster af te loop maar die eerste ma om voor die hek te staan en wag.

Sterk Mamma

sterk

Hierdie is die ma wat haar kinders baie selfstandig groot gemaak het. Daar is baie min of geen emosie op haar gesig wanneer sy haar kind kom aflaai nie. Sy stap bloot saam na die klas toe omdat sy wil sien waar sy haar kind moet kom oplaai. Daar is geen emosionele vaarwel nie, gewoonlik ʼn “High five” of “knuckles” en ʼn sien jou later.

Haastige Mamma

A mother is late for school and work and rushing with her children for a funny stress concept on a white isolated background.
A mother is late for school and work and rushing with her children for a funny stress concept on a white isolated background.

Die haastige ma loop gewoonlik nie saam na die klas toe nie, sy moet by die werk kom. Sy luister na die hoof se toespraak terwyl sy na haar horlosie kyk. Sy verstaan nie die noodsaaklikheid van al die prag en praal van Gr.1 nie. Die ma laai gewoonlik net haar kinders vir die eerste dag af waarna iemand anders hulle aflaai en kom haal. Sy is nie ʼn slegte ma nie, sy moes net al by die werk gewees het.

Oorvoorbereide Mamma

overly prepared

Hierdie tipe ma is sekerlik ʼn onderwyser se grootste kopseer omdat die ma vir ʼn uur lank eers met die onderwyser wil praat oor wanneer haar bloeitjie moet eet en die badkamer gebruik. As die skool sê dat elke kind ʼn potlood moet saambring vir die eerste dag, stuur die ma tien potlode saam. Elk van verskillende groottes. Haar kind se tas is gewoonlik twee maal so groot so hy, omdat alles wat hy moontlik nodig kan kry word ingepak. Dit sluit in ʼn noodhulp tassie en ʼn ekstra stel skoolklere.

Related Articles

Back to top button