NewsNews

Vreemde gedierte in Vaalrivier gesien

VANDERBIJLPARK. – ‘n Vreemde gedierte is Maandag 16 Januarie langs die brug oorkant Stonehaven deur verskeie mense gesien. 'n Omstander het gesê dat dit gelyk het of die gedierte iets gevang het.

'n Omstander het gesê dat dit gelyk het of die gedierte iets gevang het.

‘n Omstander het gesê dat dit gelyk het of die gedierte iets gevang het.

Die eerste waarneming was net so na 16:00 aan die oorkant van die rivier by Edge of the Vaal waar die gedierte volgens inligting tussen die bome in die water in geseil het. Volgens mense wat in die omgewing was, het die dier tande en is groter as ‘n krokodil. Een omstander het gesê dit is “definitief ‘n krokodil”. Hy het aan Vaalweekblad gesê: ‘Ek neem al jare foto’s van wild en dié wat ek gesien het, was krokodil se oupa”.

Ander sê weer dit is ‘n reuse-waterlikkewaan. Foto’s is geneem maar mens kan nie duidelik op die foto sien wat dit was nie.

Related Articles

Back to top button