NewsNews

Nog munisipaliteite betaal

Teen laat Saterdagmiddag was die munisipaliteite van Moqhaka (Kroonstad), Mantsopa (Ladybrand), Nketoana (Reitz) en Tokologo (Boshof), almal in die Vrystaat, en Walter Sisullu in die Oos-Kaap, nie meer op die lys van munisipaliteite wat van vandag af met strafbeurtkrag begin het nie, omdat hulle aan al Eskom se vereistes voldoen het. Nog 3 munisipaliteite is ook vanoggend van die lys afgehaal. Dit sluit in Dihlabeng, Masilonyana en Mamusa.

 

Teen laat Saterdagmiddag was die munisipaliteite van Moqhaka (Kroonstad), Mantsopa (Ladybrand), Nketoana (Reitz) en Tokologo (Boshof), almal in die Vrystaat, en Walter Sisullu in die Oos-Kaap, nie meer op die lys van munisipaliteite wat van vandag af met strafbeurtkrag begin het nie, omdat hulle aan al Eskom se vereistes voldoen het. Nog 3 munisipaliteite is ook vanoggend van die lys afgehaal. Dit sluit in Dihlabeng, Masilonyana en Mamusa.

Die kragtoevoer na 61 dorpe en woonbuurte in 22 munisipaliteite was in die gedrang weens skuld van R10,4 miljard aan die kragvoorsiener, en vanoggend was reeds D-dag vir sommige van dié dorpe.

Ngwathe munisipaliteit waarvan Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville deel is, se afsnydatum sou eers van 7 Februarie af begin.

Eskom het Sondag 15 Januarie aangekondig dat hy nie voortgaan met die beplanne sny van elektrisiteittoevoer na die 5 eersgenoemde munisipaliteite wat intussen betaal het. Die 5 munisipaliteite kon ook met Eskom ‘n afbetalingsooreenkoms aangaan wat aanvaar is. Dieselfde geld ook vir die 3 munisipaliteite wat vanoggend betaal het.

Eskom het egter gesê dat hy ‘n streng wakende oog sal hou om seker te maak die ooreengekome betaalplanne word nagekom, en sou dit nie nagekom word nie, sal elektrisiteitsvoorsiening aan die betrokke munisipaliteite onmiddellik sonder verdere kennnisgewing gestaak word.

Strafbeurtkragtye is Maandae tot Vrydae van 06:00 tot 08:00 en van 17:00 tot 19:30. Die beurtkragtye vir naweke is tussen 08:30 en 11:00 en weer van 15:00 tot 17:30.

 

Munisipaliteit wat van vandag af geraak sou word, sluit in:

Ventersdorp (Ventersdorp, Tshing Township, Appledraai, Buffelsvlei, Boikhutso, Toevlug, Doornkop) en Naledi (Vryburg, Stella).

 

Vanaf 18 Janaurie

Ubuntu (Victoria-Wes en Richmond), Renosterberg (Van der Kloof, Petrusville, Phillipstown), Lekwa-Teemane (Bloemhof, Christiana), Maquassi Hills (Wolmaransstad), Madibeng (Brits, Indrustrial Area, Letlhabile, Oukasie, Damonsville, Elandsrand, Priminidia), Kgetleng River (Koster, Swartruggens)

 

Vanaf 23 Januarie

eMalahleni (Doornpoort, Kqaqua, Witbank, Churchill), Mkhondo (Piet Retief, Amsterdam), Mbombela (Mbombela Stadium/Ilanga Mall, Riverside/Nelsrivier, White River, Nelspruit), Lekwa (Standerton), Msukaligwa (Ermelo), Chief Albert Lithuli (Carolina Town, Silobela).

 

Eskom sê dat ten spyte van die Elektrisititeitsvoorsieningsregulasies van 2006 en ooreenkomste met munisipaliteite wat Eskom instaat stel om elektrisiteitsvoorsiening aan dorpe te staak, op ‘n meer sagter opsie met die strafbeurtkragtye besluit is.

 

 

Om afsnyding te verhoed moet die munisipaliteite wat geraak word ‘n kontant betaling maak soos ooreengekom met elke munisipaliteit, ‘n raadsbesluit met skriftelike onderneming gee in dat huidige rekeningverpligtinge ten opsigte van Eskom in die toekoms eerbiedig en betaal sal word, en ‘n plan voolê aan Eskom vir die betaal van die uitstaande skuld, ondersteun deur ‘n raadsbesluit in die verband.

 

Die DA in die Vrystaat gaan vandag ’n noodvergadering in Bloemfontein hou oor “die enkele grootste krisis wat die provinsie nóg in die gesig gestaar het”.

Related Articles

Back to top button