NewsNews

Kyk na daardie kosblikkie

Die nuwe skooljaar het begin. Daarmee saam moet ma en pa weer bont staan met idees vir kosblikke om magies vol en breine helder te hou vir’n hele skooldag en soms aktiwiteite na die skooldag ook. ’n Gesonde Kosblik is presies wat jou kind nodig het om ten volle te konsentreer in die klas asook vir’n helder toekoms! Maar maak seker jou kind eet’n gesonde ontbyt voor skool, sodat die kosblik aanvullend kan wees ’n Honger kind konsentreer glad nie en is kriewelrig in die klas.

Die nuwe skooljaar het begin. Daarmee saam moet ma en pa weer bont staan met idees vir kosblikke om magies vol en breine helder te hou vir’n  hele skooldag en soms aktiwiteite na die skooldag ook. ’n  Gesonde Kosblik is presies wat jou kind nodig het om ten volle te konsentreer in die klas asook vir’n  helder toekoms!
Maar maak seker jou kind eet’n  gesonde ontbyt voor skool, sodat die kosblik aanvullend kan wees
’n  Honger kind konsentreer glad nie en is kriewelrig in die klas.
Hoekom is dit belangrik?
Ons kinders se liggame benodig genoeg van alle voedingstowwe byvoorbeeld proteïene, koolhidrate, vet, vitamiene, minerale, water en vesel.
Kinders wat ontbyt oorslaan word baie gouer moeg, verloor hulle konsentrasie en het nie energie om hulle take uit te voer nie.
Gemorskos is baie nadelig: Dit bevat nie vitamiene, minerale en noodsaaklike vetsure nie. Dit belemmer ook die liggaam se inname van voedingstowwe wat op sy beurt konsentrasie vlakke beïnvloed.
As jy jou kind van kleins af goeie eetgewoontes aanleer, gaan jy hul gesondheid op die langtermyn verbeter.
Met’n  bietjie moeite en voorbereiding kan’n  kind se kosblikkie pret en smaaklik wees. Onthou kinders eet met hul oë!!!!
Beplanning en nogmaals beplanning – dit is die geheim wanneer jy gesonde, lekker en aantreklike kosblikke pak. Boonop sal jy geld spaar.
Waaruit bestaan ’n  gesonde kosblikkie?
1.Stysel vir Energie!
•Byvoorbeeld ’n toebroodjie van verrykte bruin-/witbrood, volgraan-, rog- of saadbrood, lae GI-brood, hoë vesel muffin of provita.
•Ryskoekies is gewoonlik n wenner; gee dit net so skoon of smeer bietjie marmite/Bovril op of n bietjie gerasperde kaas
•Pasta (pasta slaai met Tuna)
•Volgraan Pita (met hoenderrepies, blaarslaai, tamatie en komkommer) verpak dit apart want die tamatie sal die pita klam maak.
•Aartappelslaai
2.Proteïen – dit hou ’n  kind langer versadig!
•Melk, joghurt/ drinking joghurt, maaskaas (byvoorbeeld as doopsous vir groentestokkies).
•Eier (gekook, roereier as vulsel op broodjie)
•Kaas (gerasper / blokkies)
•Maer vleis (toebroodjie ham, frikkadelletjies, steak repies) hoender, biltong, vis (bv tuna)
•Grondboontjiebotter
•Neute, grondboontjies & sade kan ook gegee word. Dit sorg vir gesonde olies en vette.
3.Vrugte / Groente – hou die verkoues weg!!!
•Enige vars /gedroogde vrugte. Dis meer versadigend om ’n  vrug te eet eerder as om sap te drink.
•Gekapte en geskilde vrugte, gereed vir eet – hou skille aan waar moontlik want dit bied vesel.
•Rou groente stokkies, kersietamatie, komkommer ens kan jy in die kosblikkies pak.
•Vrugtestafies sonder suikerlaag
4.Pak liewer water in as koeldrank.
•Leer jou kind om water te drink pleks van koeldrank of vrugtesap (wat baie suiker bevat). Verdun vrugtesap met die helfte water.
(Te veel vrugtesap / versoete koeldrank bevorder tandbederf en oorgewig!)
Kosblik!!
Die verpakking en kosblik is ook baie belangrik.
Gebruik’n  duursame plastiekkosblik verkieslik met kompartemente (of aparte klein bakkies) met deksel wat styf pas.
Goeie idee om kosblik in klein koelhouertjie te pak….veral in warm somerdae.
Wees sommer lekker kreatief.

Related Articles

Back to top button