NewsNews

Man in kop geskiet tydens rooftog

'n Man is vanoggend (10 Januarie) omstreeks 04:00 tydens 'n rooftog in die kop en hand geskiet.

POTCHEFSTROOM-‘n Man is vanoggend (10 Januarie) omstreeks 04:00 tydens ‘n rooftog in die kop en hand geskiet.

Volgens Kapt. Mvula Chaka, polisiewoordvoerder, het die slagoffer en sy vriend langs die pad gestap naby die tronk toe hulle deur ‘n donkergroen BMW met ‘n GP nommerplaat voorgekeer word.

Die twee insittendes het geld by die slagoffers geëis, hulle het aan die verdagtes verduidelik dat hulle nie geld aan hulle het nie waarna een van die verdagtes die man geskiet het. Hulle het gevlug in die rigting van Schoemansdrift.

Die man is deur provinsiale ambulansdienste na Potchefstroom hospitaal toe vervoer. ‘n Saak van poging tot moord word ondersoek.

“As enige iemand die voertuig sien kan hulle die polisiestasie kontak by 018 299 7477/6,” het Chaka gesê.

Related Articles

Back to top button