NewsNews

Kragkrisis by munisipaliteite: Hoekom Soweto skuld oorsien vra AfriForum en Afrisake

AfriForum en AfriSake het hul teleurstelling uitgespreek nadat regter Fabricius in Eskom se guns beslis het wat die kragvoorsiener nou toelaat om die publiek se kragtoevoer te sny as gevolg van verskeie munisipaliteite se versuim om hul Eskom-rekeninge te betaal.

AfriForum en AfriSake het hul teleurstelling uitgespreek nadat regter Fabricius in Eskom se guns beslis het wat die kragvoorsiener nou toelaat om die publiek se kragtoevoer te sny as gevolg van verskeie munisipaliteite se versuim om hul Eskom-rekeninge te betaal.

 Eskom het oor die Kersseisoen sy planne aangekondig om kragtoevoer na inwoners van verskeie munisipaliteite in die Noord-Kaap, Noordwes en Vrystaat af te sny omdat sekere munisipaliteite versuim het om gelde wat vir elektrisiteitsverskaffing van inwoners ingevorder is aan Eskom oor te betaal. Miljarde rande se elektrisiteitsgelde is deur hierdie munisipaliteite aan Eskom verskuldig, waaronder ook Ngwathe munisipaliteit waarvan Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville deel is.

 Die munisipaliteite wat reeds deur die hofuitspraak geraak word is Kamiesberg (Garies, Hondeklipbaai en Kamieskroon), Thembelihle (Hopetown en Strydenburg), Moqhaka (Kroonstad, Steynsrus en Viljoenskroon), Masilonyana (Brandfort, Theunissen, Verkeerdevlei en Winburg), Nketoana (Reitz, Lindley en Petrus Steyn), Mantsopa (Excelsior, Ladybrand en Tweespruit), Tokologo (Boshof en Dealesville), Nala (Bothaville en Wesselsbron) en Dihlabeng (Bethlehem, Paul Roux en Rosendal).

Aanduidings is nou dat dié munisipaliteite se krag na alle waarskynlikheid op die voorgestelde strafbeurtkragtye gesny sal word vanaf Maandag 16 Januarie.

 Die hof het gedurende die dringende aansoek argumente aangeraak wat AfriForum en AfriSake voorberei het vir die hoof-hofaansoek op 22 Maart 2017. Vandag se uitspraak dui dat daardie argumente nie geslaag het nie en beide organisasies sal moet oorweeg of hulle wel nog kan voortgaan met die hoofaansoek en of die aansoek laat vaar gaan word.

 AfriForum en AfriSake bly egter van mening dat Eskom, as ’n staatsbeheerde maatskappy, ander regsmiddele tot sy beskikking het om sy tariewe in te vorder. “Om betalende en wetsgehoorsame inwoners en instansies te straf vir die nalatigheid van onbekwame munisipale administrasies maak nie sin nie. Die benadering van Eskom om te dreig met summiere kragafsluitings van volledige munisipale gebiede bly ’n drakoniese en ongrondwetlike maatreël wat neerkom op kollektiewe benadeling van betalers, sowel as wanbetalers.”

“Ons het simpatie met Eskom en sy frustrasies met munisipale amptenare, maar terselfdertyd kan Eskom nie munisipaliteite alleenlik verantwoordelik hou vir sy finansiële situasie, terwyl Soweto alleen soortgelyke skuld het as die top tien agterstallige munisipaliteite nie. Vrae moet gevra word oor waarom verafgeleë plekke gestraf word en nie Soweto nie?” sê Pawson.

Eskom het aanvanklik eers kennisgewings vir die 8 munisipaliteite geplaas, en toe op 22 Desember, toe die finale besluit oor dié agt munisipaliteite aangekondig is, ook kennisgewings vir Ngwathe (Parys, Vredefort, Edenville, Heilbron en Koppies) geplaas.
Luidens die kennisgewing wat Ngwathe (Parys, Vredefort, Koppies, Heilbron en Edenville) en Phumelela raak sal die verpligte beurtkragtye vanaf 7 Februarie van krag wees, met finale kennisgewings rakende Eskom se besluit wat einde Januarie gepubliseer sal word, is aan Gazette bevestig.
Dit nadat daar in November 2016 ná daar weer gerugte was van Eskom se voornemens om elektrisiteitsvoorsiening te staak, aan Gazette bevestig   is: “Ngwathe is earmarked for the implementation of the municipal recovery project, through which Eskom will assist the municipality with various initiatives towards financial sustainability.” In dieselfde terugvoer is egter ook gesê dat die munisipaliteit steeds verantwoordelik is om ‘n afbetalingsooreenkoms met Eskom aan te gaan, maar daar is toe nog onderhandel.
Die Ngwathe Plaaslike Munisipaliteit skuld Eskom reeds R 637 261 456.90 (Seshonderd sewe en dertig miljoen, tweehonderd een en sestig duisend, vierhonderd vyf en sestig rand en negentig sent) waarvan ’n deel sedert Junie 2010 uitstaande is en eskaleer (“die elektrisiteitskuld”).
Die beoogde onderbreking van elektrisiteitsvoorsiening sal lei tot tydelike geskeduleerde ontkoppeling op die volgende tye:
Maandag tot VrydagSaterdag en Sondag
06h00 – 08h0008h30 – 11h00
17h00 – 19h3015h00 – 17h30
Die sluitingsdatum vir openbare vertoë, voorleggings, kommentaar en/of versoeke vir verdere inligting met betrekking tot die Ngwathe kennisgewing is 22 Januarie 2017.
Sulke openbare vertoë, voorleggings, kommentaar en/of versoeke vir verdere inligting sal deur Eskom oorweeg word, en die finale besluit sal in ’n kennisgewing gepubliseer word op 30 Januarie 2017.
Openbare vertoë, voorleggings, kommentaar en/of versoeke vir verdere inligting moet gerig word aan:
Senior Adviseur Verkope en Klantediens
Fisiese adres: Henrystraat 120
BLOEMFONTEIN
Posadres: Posbus 365
BLOEMFONTEIN
9300
E-posadres: publicnwr@eskom.co.za
Faks: 086 560 1516

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button