NewsNews

Ons gaan skool toe

Dit is Januarie 2017 en jy en jou kind is besig om gereed te maak om te begin met skool of om die skooljaar opnuut aan te pak. Vandag pak ons saam ’n oorlewingspakkie vir die jaar gevul met:

Dit is Januarie 2017 en jy en jou kind is besig om gereed te maak om te begin met skool of om die skooljaar opnuut aan te pak. Vandag pak ons saam ’n oorlewingspakkie vir die jaar gevul met:
1) Sterretjies om jou en jou kind te herinner om altyd sy/haar beste te gee
Help jou kind van die begin af om te kyk watter tuiswerk gedoen moet word en te beplan wanneer dit moet klaar wees.
Moenie uitstel tot op die laaste nippertjie nie – dit lei daartoe dat werk ophoop. Breek die taak op in dele sodat julle elke dag iets klaar maak en die kind al die stappe baasraak eerder as net te fokus op die eindproduk.
Leer die kind om met hom/haarself te kompeteer, so voorkom jy dat die kind minderwaardig voel omdat hy/sy nie gewen het nie. Jy leer ook die kind om persoonlike doelwitte te stel.
Gee altyd erkenning vir wat die kind gedoen het, aanhoudende kritiek vernietig die entoesiasme om nuwe dinge te probeer.
2) Rekkies om jou te help om buigbaar te bly
Ek bewonder ouers wat goed georganiseerd is en weekliks beplan vir huiswerk, take, sport en ander buitemuurse aktiweite. Dit kan ʼn mens nogal ontstel wanneer dinge nie volgens jou beplanning verloop nie of anders gedoen word as waaraan jy gewoond is. Die enigste ding wat seker is, is verandering. Bly dus buigbaar en gebruik sulke geleenthede om jou kind te leer om probleem oplossing baas te raak.
3) Tandestokkies om ons te herinner om die goeie dinge in ander uit te soek
Leer jou kind van vroeg af om verantwoordelikheid te neem vir sy/haar gedrag. Ons eerste reaksie as iets skeef loop is gewoonlik om die blaam op ander te plaas. Erken eers jou eie verantwoordelikheid en neem dan postiewe stappe om te verseker dat dit nie weer sal gebeur nie.
Vestig by jou kind die gewoonte om goeie eienskappe of postiewe punte raak te sien eerder as om kritiek te lewer op alles. Doen dit ook self, want jou voorbeeld het groter impak as wat jy besef.
Die beginsel van leer is dat die brein vaslê wat dit sien, stel jou kind dus bloot aan dit wat opbouend is.
4) Confetti om te onthou om die jaar te geniet.
Geniet elke oomblik saam met jou kind. Neem foto’s van mooi oomblikke en prestasies en haal dit uit wanneer daar moeiliker dae kom en julle albei op moed verloor se vlakte sit.
5) Uitveers om te onthou dat almal foute maak en dit is ok… Dit is hoe ons leer!
Moedig jou kind aan om nuwe dinge te probeer en om te onthou dat hulle skool toe gaan om nuwe dinge aan te leer – nie om dit die eerste keer perfek reg te kry nie.
Aanhouer wen! Leer jou kind om te volhard en weer te probeer.
Hou die oefen/leerproses lekker en probeer om ander maniere van leer te gebruik as dit wat jy nou doen nie werk nie.
6) Lifesaver lekkertjies om jou te herinner dat jy mag vra vir hulp
Soms sukkel die kind om dinge baas te raak. Moet nooit huiwer om hulp te vra nie. Jou kind se onderwyser sal graag raad gee en ook weet wanneer om jou te verwys.
7) Glimlag gesiggies om julle te herinner om aan te hou glimlag
8)Sneesdoekies vir wanneer daar trane is…
Geniet die 2017 skooljaar.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button