NewsNews

Leraar sterf in die tuig

Die NG-gemeente Koppies-Weltevrede treur oor die verlies van hul leraar, ds Etienne Maritz, wat op 21 Desember in Pretoria oorlede is. Hy was 62 en is 4 jaar gelede met beenmurg-kanker gediagnoseer.

Die NG-gemeente Koppies-Weltevrede treur oor die verlies van hul leraar, ds Etienne Maritz, wat op 21 Desember in Pretoria oorlede is. Hy was 62 en is 4 jaar gelede met beenmurg-kanker gediagnoseer.
Hy is in die Noord-Kaap gebore en het op die ouderdom van 17 jaar tot bekering gekom. Hy het teologie studeer in Bloemfontein en Stellenbosch.
Ds Maritz en sy vrou, Trudie, was tevore in Suidwes-Afrika gemeentes Stampriet en Okahandja, en daarna in Pretoria-Wes.
Sedert Januarie 2004 was hulle verbonde aan die Gemeente Koppies-Weltevrede, waar hy vrystelling gehad het om as reisende predikant evangelisasiekonferensies en gebedsbyeenkomste te lei. Verskeie uitreike het ook na Nederland plaasgevind.
Ds. Maritz was ook saam met dr. Bennie Mostert en ander ’n  stigterslid van Herlewing SA en baie nou betrokke by die Barberton Bible College waar hy dikwels lesings gegee het.
Hy het talle boodskappe op RSG gelewer en was baie gereeld te sien op die TV-kanaal Kruiskyk.
Ds Maritz het onverskrokke die Evangelie van Jesus Christus gepreek en nooit afgewyk van die waarheid van die Bybel nie. Hy het onvermoeid gewerk om verlore siele te bereik. Hy laat ’n  groot skat waardevolle preke na.
Hy word oorleef deur Trudie, drie getroude kinders en vier kleinkinders.
Vir Etienne Barnard Maritz was die lewe Christus en die sterwe wins.

You can read the full story on our App. Download it here.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Back to top button