NewsNews

Voëlliefhebbers kuier weer saam

Die eerste byeenkoms vir 2017 van die Feather Voëlklub vind plaas op Donderdag 26 Januarie om 18:30 by die Sally Martin Park saal in Parys.

Die eerste byeenkoms vir 2017 van die Feather Voëlklub vind plaas op Donderdag 26 Januarie om 18:30 by die Sally Martin Park saal in Parys.
By die geleentheid sal daar ’n  komitee aangewys word om die nuwe jaar se aktiwiteite te reël. Persone wat belangstel in ons geveerde vriende, en om plekke in ons omgewing te besoek waar die publiek nie altyd toegang het om die voëllewe te geniet nie, is welkom om lid van die klub te word. Ledegeld is slegs R50 per jaar.
Richard Caldwell sal by die eerste bymekaarkom van sy foto’s met lede deel.
UITSTAPPIE: Alle belangstellendes word ook genooi om op Saterdag 28 Januarie saam te gaan na die Sasolburg Ekopark by Sasolburg. Belangstellendes vertrek om 07:30 vanaf die Pick ‘n Pay parkeerterrein. Die Park is net op Saterdag en Sondag vanaf 08:00 oop. Bring jul piekniekmandjies, verkykers en stoel.
Skakel gerus vir Hansie Bekker by 056 811 4754 / 082 820 4306, of Sanita Kemp by 072 421 8799 met navrae oor die uitstappie of die klub.

Liezl Scheepers

Liezl Scheepers is editor of the Parys Gazette, a local community newspaper distributed in the towns of Parys, Vredefort and Viljoenskroon. As an experienced community journalist in all fields for the past 30 years, she has a passion for her community, and has been actively involved in several community outreach projects as part of Parys Gazette's team.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button