NewsNews

Om ’n lewe te red – ’n verdienstelike Nuwejaarsvoorneme

Nuwejaarsvoornemens behels dikwels die opgee van iets. Hierdie jaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nie dat jy iets opgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed.

Nuwejaarsvoornemens behels dikwels die opgee van iets. Hierdie jaar vra die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens nie dat jy iets opgee nie, maar eerder dat jy iets gee – bloed.
Bloedskenkings red lewens. Dit is ’n maklike voorneme om te maak en by te hou.
Die behoefte aan bloed raak ons elkeen. Agt uit tien mense sal bloed of bloedprodukte op ’n stadium in hul lewe benodig. Met een bloedskenking kan jy soveel as drie lewens red.
’n Eenheid bloed word in 3 komponente geskei: Rooibloedselle (om die bloedvolume te vervang van ʼn persoon wat baie bloed verloor het byvoorbeeld tydens ’n  motorongeluk of kindergeboorte), plasma (vir mense wat aan ʼn bloedsiekte byvoorbeeld hemofilie ly of wat ernstige brandwonde opgedoen het), en plaatjies word gegee aan kankerpasiënte, wie se plaatjies deur chemoterapie vernietig is.
Die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) nooi die gemeenskap van Parys om bloed te skenk op Dinsdag 10 Januarie by die Hervormde Kerksaal, Parys vanaf 13:00 tot 19:00. Die doelwit vir die dag is om 100 eenhede bloed in te samel.
Daar moet elke dag 3000 eenhede bloed ingesamel word om aan hospitale in Suid-Afrika te verskaf. Die behoefte aan bloed is deurlopend – daar vind elke 35 sekondes ʼn bloedoortapping in Suid-Afrika plaas.
“Daar is baie mense wat nog nooit bloed geskenk het nie, of lank terug geskenk het, en ons vra dat hulle gereelde bloedskenking deel van hul lewens maak.”
Om ʼn bloedskenker te word moet jy:
•Tussen die ouderdom van 16-65 wees, meer as 50kg weeg, iets voor jou skenking eet, ʼn veilige seksuele leefstyl lei en gesond wees op die dag van skenking.
SANBD moedig elke Suid-Afrikaner aan om by die gereelde groep bloedskenkers aan te sluit wat die lewens van hul medemense op hierdie manier red.
Help om ʼn bloedtekort te voorkom deur bloedskenking te ondersteun.

Related Articles

Back to top button