NewsNews

Een kritiek na bakkie rol

Twee mans is gistermiddag (22 Desember) beseer ná hul bakkie op die Blyvoorpad omgeslaan het.

Twee mans is gistermiddag (22 Desember) beseer ná hul bakkie op die Blyvoorpad omgeslaan het.

Die bakkie het op sy dak in die middel van die pad gelê met paramedici se aankoms. Bokse vrugte en groente wat die bakkie vervoer het, was versprei oor die pad.

Die mans was steeds in die bakkie nadat hulle uit gehaal is, het paramedici beide mans op die toneel behandel. Een van die mans het matige beserings opgedoen terwyl die ander in ʼn kritieke toestand na Carletonville hospitaal geneem is vir verdure behandeling.

Die oorsaak van die botsing is nog nie bekend nie, maar die polisie was op die toneel om verder ondersoeke in te stel.

Related Articles

Back to top button