News
Kragdonkerte wag ook vir Ngwathe
Eskom het Donderdag opnuut weer in n tweede kennisgewing gedreig met strafbeurtkrag vir nege Vrystaatse munisipaliteite insluitend Ngwathe (Parys, Vredefort, Heilbron,Koppies en Edenville).
Eskom het Donderdag opnuut weer in n tweede kennisgewing gedreig met strafbeurtkrag vir nege Vrystaatse munisipaliteite insluitend Ngwathe (Parys, Vredefort, Heilbron,Koppies en Edenville).
Volgens n kennisgewing in die Volksblad sal kragvoorsiening twee keer per dag vanaf 5 Januarie onderbreek word weens die munisipaliteite se volgehoue wanbetaling.
Dit beteken geen krag Maandae tot Vrydae 06:00 tot 08:00 en weer van 17:00 tot 19:30. Op Saterdae en Sondae 08:30 tot 11:00 en weer van 15:00 tot 17:30. Volgens die kennisgewing behou Eskom die reg voor om met 15 dae kennis kragvoorsiening in geheel onbepaald te staak indien die elektrisiteitskuld situasie nie verbeter nie.