NewsNews

Wurgma van VDBP appél geweier

VANDERBIJLPARK. –Die aansoek om appèl van Soniya Koekemoer is Woensdag 14 Desember in die streekhof deur landdros Robert Button geweier.

634A2126_21_0_36454655 (Medium)

 

Soniya Koekemoer is op 29 November  in die streekhof op die dorp vir 18 jaar tronk toe gestuur vir die wurgmoord van haar dogtertjie Michelle (9), op 10 Junie vanjaar.

Soniya het op Vrydag 22 Julie ‘n bekentenis afgelê dat sy haar dogtertjie Michelle op 10 Junie verwurg het en daarna haar eie lewe probeer neem het. Sy het aanvanklik beweer dat dit inbrekers was. Soniya sal heelwaarskynlik haar vonnis by “Sun City” (Johannesburg Sentraal-gevangenis), uitdien.

Soniya en haar prokureur Francois de Kock het ook aangedui dat hul nie gaan verder aansoek doen om appèl by die Gauteng Hooggeregshof. Sy sal 18 jaar sit maar met goeie gedrag heel waarskynlik meer as die helfte van die tyd in die tronk deurbring.

Related Articles

Back to top button